Bangladesj nasionale krieketspan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Bangladesj nasionale krieketspan is die nasionale krieketspan vir Bangladesj. Die reëls word deur Bangladesj se Krieketraad (BCB) neergelê. Bangladesj is 'n volle lid van die Internasionale Krieketraad (IKR) met toets- en Internasionale eendagwedstryd (EDI)-status, dus die tiende toetskrieketland. Bangladesj het sy eerste toets in 2000 teen Indië in Dhaka gespeel.

Bangladesj se eerste vertoning in internasionale krieket was tydens die 1979 IKR-trofee in Engeland. Hulle eindig die toernooi met 2 oorwinnings en 2 nederlae. Sewe jaar later, op 31 Maart 1986 speel Bangladesj in sy eerste wedstryd teen Pakistan in die 1986 Asië-beker. Bangladesj wen ​​die 1997 IKR-trofee in Maleisië. Deur die toernooi te wen, het Bangladesj vir die eerste keer ook vir die 1999 Wêreldbeker-toernooi gekwalifiseer.

In 1997 word Bangladesj ​'n gereelde lid van die IKR met die reg om internasionale eendagwedstryde te speel. Hul verwerf die status van 'n toetskrieketland op 26 Junie 2000. Bangladesj hou ​​die rekord vir die meeste verloorslae agtereenvolgens in toetse (21 tussen 1999 en 2002) en eendagwedstryde (23 tussen 2001 en 2004).