Barney Barnato

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Barney Barnato
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Portret van Barney Barnato

Geboortenaam Barnet Isaacs
Gebore 21 Februarie 1851
Aldgate, Londen
Oorlede 14 Junie 1897 (op 46)
Op see, naby die eiland Madeira
Nasionaliteit Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Ouers Isaac Isaacs
Leah Isaacs
Beroep diamante en goud mynbou-entrepreneur
Religie Judaïsme[1]
Huweliksmaat Fanny Christina Bees
Kind(ers) Woolf Barnato (1895-1948)
Isaac "Jack" Henry Woolf Barnato (ca. 1894-1918)
Leah Primrose Barnato (d. 1933)

Barney Barnato was 'n mynmagnaat (Randlord) wat sy fortuin gemaak het in Suid-Afrika tydens die diamant- en goudstormlope. Barney is gebore in 1852 in Londen as Barnett Isaacs en was die seun van 'n kroegbaas in die Ooseinde. Hy word 'n verhoogkunstenaar en bokser saam met sy broer, Henry onder die naam Bernato. Hy volg sy broer in 1873 na Suid-Afrika. Hulle werk in Kimberley as delwers, diamantkopers, spekulante en word skatryk. Hulle was in beheer van verskeie belangrike myne en kom in aanraking met Cecil Rhodes. Na 'n stryd vir die beheer van die diamantveld volg 'n samesmelting van belange in 1888. Barney word 'n lewenslange president van De Beers Consolidated Mines.

Van 1889 tot 1897 verteenwoordig hy Kimberley in die Kaapse parlement. Na die ontdekking van goud verhuis hy na Johannesburg en stig die maatskappy Johannesburg Consolidated Investment in 1889. Hy het 'n senuwee-ineenstorting gekry en in 1897 pleeg hy selfmoord deur oorboord te spring op een van sy seereise tussen Kaapstad en Southampton. Sy boedel was gewaardeer teen net minder as ₤ 1 000 000.

Verwysings[wysig]

  1. (en) (15 Maart 2011) The Palgrave Dictionary of Anglo-Jewish History. Palgrave Macmillan, 52–. ISBN 978-1-4039-3910-4. 

Bron[wysig]

Eksterne skakels[wysig]