Bastille (kasteel)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Hierdie artikel handel oor die kasteel. Vir ander gebruike, sien Bastille (dubbelsinnigheidsbladsy).
Die Bastille (voor sy verwoesting)

Die Bastille (wat eintlik "'n versterkte kasteel met torings" beteken) is die ou burg van Parys. Tydens die heerskappy van koning Lodewyk XVI van Frankryk dien dit as staatsgevangenis en word 'n simbool van die dwingelandy van die absolutistiese monargie. Op 14 Julie 1789 bestorm die Paryse burgers die Bastille. 'n Verdere styging in die reeds baie hoë broodprys gee aanleiding tot die onluste. Hoewel die betekenis van die bestorming destyds oordryf word, word dit as die begin van die Franse Rewolusie beskou. Hierdie gebeurtenis is van groot simboliese belang en word nog steeds in Frankryk as die Fête Nationale (Nasionale Dag) gevier. Van die Bastille self het niks oorgebly nie, behalwe vir sy ou sleutels wat vandag in die museum Hôtel Carnavalet in Parys bewaar word.