Beaumont-paleis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die gedenkplaat aan Beaumontstraat naby die terrein van Beaumont-paleis.

Beaumont-paleis is omstreeks 1130 buite die noordelike poort van Oxford gebou as ’n koninklike woning vir koning Hendrik I naby die koninklike jaghuis by Woodstock in Oxfordshire. ’n Gedenkplaat aan Beaumontstraat in Oxford lees: Naby hierdie terrein het die Koningshuise gestaan wat later bekend was as Beaumont-paleis. Koning Richard I is in 1157 hier gebore en koning Jan in 1167.

Koning Edward I was die laaste koning wat in Beaumont gebly het terwyl dit amptelik ’n paleis was. In 1275 het hy dit toegesê aan ’n Italiaanse prokureur, Francesco Accorsi, wat diplomatieke sendings vir hom onderneem het.[1] In 1314 het hy belowe om ’n klooster te bou as sy lewe gespaar bly; in 1318 het hy sy woord gestand gedoen en Beaumont aan ’n godsdienstige orde, die Karmeliete, gegee.

Toe die Karmeliete ontbind is met die Reformasie van koning Hendrik VIII, is die grootste deel van die gebou afgebreek.[2]

Verwysings[wysig]

  1. Oxford-strate URL besoek op 25 Augustus 2010.
  2. Oxford: a cultural and literary companion :2000:186.

Eksterne skakels[wysig]

Koninklike wonings in die Verenigde Koninkryk
 Bewoon  Bagshot ParkBalmoral-kasteelBirkhallBuckingham-paleisClarence HouseGatcombe ParkHighgrove HouseHillsborough-kasteelHolyrood-paleisSint James-paleisKensington-paleisLlwynywermodRoyal LodgeSandringham HouseThatched House LodgeWindsor-kasteel
 Histories  Paleis van BeaulieuBeaumont-paleisBrantridge ParkBridewell-paleisCarlton HouseCoombe AbbeyCoppinsCumberland LodgeDunfermline-paleisEdinburg-kasteelEltham-paleisFalkland-paleisFort BelvedereHampton Court-paleisKew-paleisKings LangleyLinlithgow-paleisMarlborough HouseKasteel van MeyNonsuch-paleisOatlands-paleisOsborne HousePaleis van PlacentiaQueen's HouseRibsden HoltRichmond-paleisRoyal PavilionSavoy-paleisStirling-kasteelSunninghill ParkLondense TowerPaleis van WestminsterPaleis van WhitehallWhite LodgeWoodstock-paleis