Bedouin Soundclash

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bedouin Soundclash
BedouinSoundclash.jpg
Oorsprong Toronto, Ontario (Kanada)
Genre(s) Reggae, ska
Aktiewe jare 2001 — hede
Uitgewer(s) Kanada: Dine Alone Records
VSA: SideOneDummy Records
Webwerf bedouinsoundclash.com
Lede Jay Malinowski
Eon Sinclair
Gewese lede Pat Pengelly
Portal.svg Musiekportaal

Bedouin Soundclash is 'n Kanadese musiekgroep uit Toronto, Ontario. Hul klank word as 'n mengsel van reggae en ska beskryf. Die groep bestaan uit sanger en kitaarspeler Jay Malinowski en baskitaarspeler Eon Sinclair. Djembespeler Brett Dunlop het ook op hul debuutalbum, Root Fire (2001) opgetree. Die groepslede het mekaar ontmoet terwyl hulle Queen's University in Kingston, Ontario (Kanada) besoek het. Die groep se tweede album, Sounding a Mosaic, is in 2004 vrygestel. Die groep se enkelsnit "When the Night Feels My Song" was hul deurbraaktreffer op Kanadese radio, en dit het die nommereen-posisie op 102.1 The Edge CFNY se trefferlys behaal. Deur die Kanadese somer van 2005 is die enkelsnit ook toenemend lugtyd op radiostasies in daardie land gegun. Die opvolgalbum, Street Gospels, is op 21 Augustus 2007 vrygestel.

Diskografie[wysig]

Albums[wysig]

  • Root Fire (2001)
  • Sounding a Mosaic (2004, SideOneDummy Records)
  • Street Gospels (2007, SideOneDummy Records) #15 UK Indie, #2 Can

Enkelspelers[wysig]

  • "Santa Monica" (2001)
  • "When the Night Feels My Song" (2005) #1 Kanada, #24 VK
  • "Shelter" (2005)
  • "Gyasi Went Home" (2006)
  • "When the Night Feels My Song" (2 Oktober 2006, VK-heruitreik) #24 UK
  • "Walls Fall Down" (2007) #6 Kanada
  • "St. Andrews" (2007)
  • "12:59 Lullaby" (2008)
  • "Until We Burn in the Sun (The Kids Want a Love Song)" (2008)
  • "Hearts in the Night" (2009)

Eksterne skakels[wysig]

Commons
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Verdere leesstof[wysig]