Beitbrug

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Beitbrug-grenspos, Zimbabwe
Pad oor die nuwe Beitbrug.
Die ou Beitbrug word deesdae net vir spoorvervoer gebruik.
Bakkie op die A1-hoofweg tussen Beitbrug en Masvingo.

Beitbrug is die grootste grenspos en 'n brug oor die Limpoporivier tussen Suid-Afrika en Zimbabwe. Die brug en grenspos is na die mynmagnaat Alfred Beit vernoem, wat fondse vir die konstruksie voorsien het.

Grenspos[wysig]

Die Beitbrug-grenspos bly 24 uur per dag oop. Die N1 nasionale pad begin hier na Kaapstad. Musina is 16km suid van Beitbrug geleë. Dit is die besigste grenspos in die omgewing en kan tot 500 trokke per dag hanteer[1]

Brug[wysig]

Die oorspronklike brug, wat deesdae net spoorverkeer dra, is in 1929 deur Dorman Long voltooi.[2] Die projek het $600 000 gekos. Die brug is op 31 Augustus deur Alexander Cambridge, 1ste Graaf van Athlone geopen.[3]

Die nuwe brug is in 1995 reg langs en parallel met die ou brug gebou om swaarder verkeer te kan hanteer.[4] Die brug is deur Murray & Roberts vir die maatskappy New Limpopo Bridge Ltd gebou[5], wat ook die brug bedryf.[6]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. (2009) Transport Prices and Costs in Africa: A Review of the Main International Corridors. World Bank Publications, 33. ISBN 978-0-8213-7655-3. Besoek op 2013-09-11. 
  2. Bridging the Limpopo The Brisbane Courier, 18 Junie 1928
  3. New Alfred Beit Bridge is opened, The Montreal Gazette, 2 September 1929
  4. Beitbridge
  5. Structurae database
  6. NLPI Overview