Beker van België

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Die Beker van België is die nasionale beker-toernooi vir sokker in België. Daar word sedert 1908 om die Beker van België meegeding.

Die Beker van België is 'n uitkloptoernooi, waarby die spanne net een keer teen mekaar speel (loting bepaal wie tuis speel). Die kampioen plaas homself vir die Europa League en die Belgiese Supercup.

Die huidige kampioene is KRC Genk (2013).