Ben Macdhui

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Ben Macdhui
Ligging: Oos-Kaap, Suid-Afrika
Hoogte: 3 001 meter
Reeks: Suidelike Drakensberge
Koördinate: 30°38′S 27°56′O

Ben Macdhui is 'n 3 001 m hoë bergpiek in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die piek is net noord van Rhodes in die Suidelike Drakensberg. Dit is na Ben Macdhui in Skotland vernoem. Dit is die hoogste piek wat totaal en al in die Oos-Kaap lê; KwaDuma is hoër, maar dit lê op die grens met Lesotho.

Die Naudésnekpas, die tweede hoogste motorpas in Suid-Afrika, is net suid van die piek.[1]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]