Bergkaree

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bergkaree
Ook: (en) Mountain karee [1]
Sotho: Mohlwehlwe
S.A. nasionale nommer: 387 [1]
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiosperms
(geen rang): Eudicots
(geen rang): Rosids
Orde: Sapindales
Familie: Anacardiaceae
Genus: Searsia
Spesie: S. leptodictya
Binomiale naam
Searsia leptodictya
Diels
Sinonieme

Rhus leptodictya (Diels)
Rhus amerina [1]

Die Bergkaree (Searsia leptodictya) is 'n Suid-Afrikaaanse immergroen boom wat as die "Mohlwehlwe" in Sotho en as die "Mountain karee" in Engels bekend staan. Die boom se nasionale nommer is 387.[1]

Die boom lyk baie soos die karee en witkaree maar die blaarrande is saagtandig [2]. Die boom het 'n enkele, rowwe donkerbruin tot swart stam [1]. Dit bereik 'n hoogte van 5 meter met dieselfde omtrek by die takke en bied goeie weerstand teen droogte maar slegs gedeeltelik teen ryp [2]. Dit is 'n pragtige klein boom vir 'n klein tuin met sy ronde kroon en interresante hangeffek van sy takkies en blaarstele. Dit kan in volle son of in gedeeltelike skaduwee geplant word. Die immergroen boom dra klein wit blommetjies, wat op vroulike bome verander in bondels van klein, plat bessies 5 mm in deursnee [1]. Die vruggies lok baie voëls wat graag die bessies vreet. Daar kan ook bier gebrou word van die bessies.

'n Bergkaree met vrugte

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 1,5 Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik, 173. ISBN 978-1-77007-759-1. 
  2. 2,0 2,1 Moller, Eugene (2013). Watter Boom is dit?. ISBN 978-1-77007-832-1.