Bernie Ecclestone

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bernie Ecclestone die Formule Een Supremo

Bernard Charls (Bernie) Ecclestone (geb. 28 Oktober 1930 naby Bungay in Suffolk, Engeland is die president en Hoof besturende direkteur van Formula One Management en Formula One Administration en besit ook 'n aandeel in Alpha Prema die moedermaatskappy van die Formule Een Groep maatskappye. As sulks word hy as die primêre gesaghebber in Formule Een beskou. In die pers word daar dikwels na hom verwys as die "F1 Supremo". Sy vroeëre betrokkenheid by die sport was as 'n deelnemer en later as bestuurder van die renjaers Stuart Lewis-Evans en Jochen Rindt. In 1972 het hy die Brabham-span gekoop, wat hy vir vyftien jaar lank bestuur het.[1] As 'n spanbaas het hy 'n lid van die "Formula One Constructors Association" geword. Sy beheer oor die sport wat gespruit het uit sy pionierswerk in die verkoop van televisieregte in die laat 1970's, is hoofsaaklik finansieel van aard maar onder die voorwaardes van die Concorde Ooreenkoms behartig hy en sy maatskappye die administrasie, reëlings en logistiek van elke Formule Een Grand Prix. Ecclestone het probeer om aan twee Grand Prix wedrenne deel te neem in die 1958-seisoen maar het nie daarin geslaag om vir enigeen van die twee te kwalifiseer nie.

Verwysings[wysig]

  1. David Tremayne, Formula One: A Complete Race by Race Guide, 1996, [1], nagegaan op 2008-03-01, Eerste Uitgawe, Parragon Book Service, Avonmouth, Bristol, Verenigde Koninkryk, ISBN 0-75251-762-7, bl. 8