Bettie Cilliers-Barnard

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Bettie Cilliers-Barnard (distrik Rustenburg 18 November 1914 - Pretoria 15 September 2010) was 'n gevierde Suid-Afrikaanse skilder en is tot haar dood beskou as die doyenne van plaaslike kunstenaars. Buiten in haar geboorteland het sy ook in Parys, Switserland, die VSA en die Verenigde Koninkryk gestudeer.

Sy het in 1937 'n BA aan die Universiteit van Pretoria verwerf en in 1940 aan die Universiteit van Suid-Afrika. Later jare volg eredoktorsgrade van onder meer die Universiteit van Pretoria (2002), die Randse Afrikaanse Universiteit (1999) en die Universiteit van Potchefstroom (1990).

Cilliers-Barnard hou haar eerste solo-uitstalling in 1946 in Pretoria. Sy het aan verskeie biënnale wêreldwyd en meer as 70 solouitstallings deelgeneem, waarvan etlike ook in die buiteland vertoon is. Die groepuitstallings waarby haar werk binnelands sowel as buitelands ingesluit is, tel meer as 150.

Haar opdragwerke sluit onder meer die Provinsiale Gebou in Pretoria en Bloemfontein, die ou Jan Smuts-lughaweterminaal, die Gesondheidsdepartement, Staatsteater en Pretoriase Oooginstituut in.

Cilliers-Barnard is met meer as 20 toekennings vereer, onder andere:

  • Goue Medalje vir Skilder - Transvaalse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Johannesburg
  • Merietesertifikaat - XIe Grand Prix International d'Art Contemporain, Monte Carlo
  • Erepenning vir Skilder - Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
  • Kanselliersmedalje - Universiteit van Pretoria
  • Staatspresidentstoekenning vir Eervolle Diens
  • Certificate of Merit for Distinguished Achievement, The World Who's Who of Women
  • Commemorative Medal of Honour - American Biographical Institute
  • World Decoration for Excellence - American Institute (Biographical)
  • The "First Five Hundred", International Biographical Centre of Cambridge, Verenigde Koninkryk
  • "Women of the Year" - International Biographical Centre of Cambridge

Sy was lewenslange lid van die Grand Council of the ConFed of Chivalry, Australië en vollid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Persoonlike lewe[wysig]

Sy was die dogter van Johannes Christoffel en Johanna Wilhelmina Barnard, getroud met Carel Hancke Cilliers en die moeder van die aktrise Jana Cilliers.

Bron[wysig]

Eksterne skakels[wysig]