Bevin Fortuin

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bevin Fortuin Sportportaal
Volle naam Bevin André Fortuin
Geboortedatum 6 Februarie 1979 (1979-02-06) (35 jaar oud)
Geboorteplek George (Suid-Afrika)
Lengte 1,79 m
Gewig 96 kg
Rugbyloopbaan
Posisie(s) Vleuel, Heelagter
Provinsiale/Staatspanne    
2000-’05, 2009-’10
2005-’09
SWD Arende
VS Cheetahs
korrek op 19 Maart 2013.
Super Rugby Wedst (pte)
2006-2009 Cheetahs 22 (25)
korrek op 19 Maart 2013.
Nasionale span(ne)    
2006-2007 Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 2 (0)
korrek op 19 Maart 2013.
Ander Inligting
Beroep Professionele rugbyspeler
Skool Hoërskool George

Bevin Fortuin (* 6 Februarie 1979, George) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en voormalige Springbok. Hy het die SWD Arende en Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker- en Vodacombekerreekse verteenwoordig en ook vir die Cheetahs in die Superrugbykompetisie uitgedraf. Fortuin het in twee toetse vir die Springbokke gespeel, een in 2006 en die volgende in 2007.

Fortuin was ook in die Southern Kings-span wat in 2009 teen die Britse en Ierse Leeus gespeel het.

In 2011 het Fortuin die politiek betree en homself as kandidaat vir die Demokratiese Alliansie in die Suid-Afrikaanse munisipale verkiesing van 2011 beskikbaar gestel.[1]

Verwysings[wysig]

  1. Gunning, Eugene (22 Januarie 2011). “Fortuin se politiek pla rugbyende”. (html) nuus24. URL besoek op 19 Maart 2013.

Eksterne skakels[wysig]