Biefstuk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Heerlike stuk kruisskyf lê op die braaier

Biefstuk word as 'n spesiale snit van beesvleis beskou, en word uit die agterkwart se rugstring of die boonste deel van die boud van 'n jong bees gesny. Dié snit is 'n lekkerny op enige spyskaart, omrede die vleis van hierdie deel baie sagter en smaakliker is as bv. snitte uit die voorkwart, nek of bene, wat meer vir potkook gebruik word. Die meeste mense vind biefstuk baie heerlik en is bereid om meer daarvoor te betaal by hulle slagter as ander swakker snitte van die bees.

Benaming[wysig]

Biefstuk of beeshaas is reeds jare lank in die volksmond bekend as die Engelse woord steak. Die jeug van vandag sal net 'n frons gee indien hulle gevra word om 'n stuk beeshaas te gaan koop.