Big Sur

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Big Sur
Uitsig oor die Big Sur-kuslyn
Uitsig oor die Big Sur-kuslyn
Ligging van Big Sur in Kalifornië
Ligging van Big Sur in Kalifornië
Koördinate: 36°06′N 121°37′W
Land Vlag van Verenigde State Verenigde State
Deelstaat Streek in Kalifornië
Streek Central Coast
Bevolking (2000)
 - Streek 996
Tydsone PST (UTC-8)
 - Somer (DST) Pasifiese Dagligtyd (UTC-7)

Big Sur is 'n yl bevolkte kusstreek in Sentraal-Kalifornië waar die Santa Lucia-bergreeks skielik uit die Stille Oseaan verrys. Sy naam is afgelei van die Spaanse el sur grande ("die groot suide") of el país grande del sur ("die groot Suidland").

Die streek bied puik uitsigte wat van Big Sur 'n gewilde toeristebestemming maak. Cone Peak (1 571 m bo seevlak) is die hoogste bergpiek langs die kuslyn van die 48 vastelandse Amerikaanse deelstate.[1]

Alhoewel Big Sur geen vaste grense het nie, sluit baie definies van die gebied die kuslyn tussen die Carmel-rivier en die San Carpoforo Creek in die suide in wat ongeveer 32 km landinwaarts tot by die suidelike voetheuwels van die Santa Lucias strek. Ander beskrywings beperk die oostelike grens tot dié bergreeks se flanke langs die kuslyn waarvolgens Big Sur slegs 19 km landinwaarts sou strek. 'n Ander handige definisie van die streek is die deel van Kalifornië se Staatsroete 1 (California State Route 1) wat tussen San Simeon en Carmel loop.

Die noordelike grens van Big Sur is sowat 190 km suid van San Francisco, terwyl sy suidelike grenslyn sowat 394 km noordwes van Los Angeles loop.

Verwysings[wysig]

  1. Paul Henson en Donald Usner: The Natural History of Big Sur. Berkeley: University of California Press 1993, bl. 11

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Big Sur (kategorie)