Binnelanders

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Binnelanders (op 'n stadium Binneland Sub Judice) is 'n Afrikaanse TV-sepie. Die drama speel af in 'n privaathospitaal, genaamd Binneland Kliniek, in Pretoria. Die storie gaan oor die wel en weë van die personeel en die gepaardgaande trauma van die hospitaal se pasiënte.

Die eerste episode is op 13 Oktober 2005 op beide M-Net en kykNET uitgesaai. Dit was aanvanklik 'n uur lank, toe 'n halfuur per dag, daarna weer een uur, en toe terug na 'n halfuur per dag. Dit word tans weeksaande vanaf 18:30 tot 19:00 op kykNET uitgesaai.

Die temalied word deur Jak de Priester gesing. Hy het die liedjie spesiaal vir die program geskryf: "Buite in die strate — bars Jakarandas uit hul nate — en alles lyk van ver af — so gesond..."

Seisoene[wysig]

  • Seisoen 1 (52 episodes): 13 Oktober 2005 tot 5 Oktober 2006
  • Seisoen 2 (88 episodes): 13 April 2006 tot 8 Mei 2007
  • Seisoen 3 (260 episodes): 9 Mei 2007 tot 6 Mei 2008
  • Seisoen 4 (260 episodes): 7 Mei 2008 tot 6 Mei 2009
  • Seisoen 5 (235 episodes): 7 Mei 2009 tot 31 Maart 2010
  • Seisoen 6 (260 episodes): 5 April 2010 tot 1 April 2011
  • Seisoen 7 (260 episodes): 4 April 2011 tot 30 Maart 2012
  • Seisoen 8 (260 episodes): 2 April 2012 tot 29 Maart 2013
  • Seisoen 9 (260 episodes): 1 April 2013 tot 28 Maart 2014
  • Seisoen 10: tans op die lug

Akteurs[wysig]

Van die akteurs wat hierin speel:

En andere.

Gewese akteurs[wysig]

  • Fatima Abdool as Matrone Ria de Witt
  • Anel Alexander as Nina
  • Susan Danford as Carien Vos
  • Gys de Villiers as Zieg Combrink
  • Sarahann Doherty as Roelien Verwey
  • Milan Murray as Frankie van Niekerk
  • Matt Stern as Inspekteur Labuschagne
  • Neels van Jaarsveld as Gideon Basson
  • Lika Berning as Hannah Rossouw
  • Elma Postma as Bea Basson (Del Port)
  • Tessa Jubber as Julia

Eksterne skakels[wysig]