Bitterfontein

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bitterfontein
Ligging van Bitterfontein op 'n kaart (Wes-Kaap)
Bitterfontein
Bitterfontein
 Bitterfontein se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 31°02′10″S 18°15′58″O Koördinate: 31°02′10″S 18°15′58″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Weskus
Munisipaliteit Matzikama
Oppervlak[1]
 - Dorpie 39,90 km²  (15,4 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorpie 986
 - Digtheid 25/km² (64,7/myl2)
Ras (2011)[1]
 • Swart 3.5%
 • Kleurling 91.2%
 • Indiër/Asiër 0.4%
 • Blank 4.7%
 • Ander 0.2%
Taal (2011)[1]
 • Afrikaans 97.4%
 • Xhosa 1.3%
 • Ander 1.2%
Poskode (straat) 8200
Poskode (posbus) 8200
Skakelkode(s) 027

Bitterfontein is 'n baie klein dorpie in die noordweste van die Wes-Kaap aan die N7 nasionale pad tussen Kaapstad en Windhoek, net suid van die Noord-Kaapse grens en 14 km noord van Nuwerus. Die spoorlyn van Kaapstad na Namakwaland kom by Bitterfontein tot 'n skielike einde, glo omdat 'n Namakwalandse vervoermaatskappy nie sy padvervoerbedrywighede deur die spoorweë wou laat skade ly nie. Dit was in 1931 die toneel van een van die wêreld se grootste treinrooftogte toe £80 000 se diamante spoorloos uit 'n possak verdwyn het.

Bitterfontein het sedert 1971 sy eie munisipaliteit gehad, maar dit is met die nuwe munisipale bedeling in 2000 afgeskaf. Sedertdien word Bitterfontein deur die Matzikama Plaaslike Munisipaliteit, deel van die Weskus-distriksmunisipaliteit, geadministreer.

Die dorpie Rietpoort is sowat 25km wes; slegs bereikbaar per grondpad.

Sien ook[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Hoofplek Bitterfontein”. Sensus 2011.