Bloemhof

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bloemhof
Die gebou van die NG gemeente Bloemhof, ontwerp deur die argitek Gerard Moerdijk en afgeneem omstreeks 1929.
Die gebou van die NG gemeente Bloemhof, ontwerp deur die argitek Gerard Moerdijk en afgeneem omstreeks 1929.
Ligging van Bloemhof op 'n kaart (Noordwes)
Bloemhof
Bloemhof
Koördinate: 27°39′S 25°35′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Noordwes
Distriksmunisipaliteit Dr. Ruth Segomotsi Mompati
Plaaslike Munisipaliteit Lekwa-Teemane
Stigting 1864
Bevolking
 - Stad 14 972
Hierdie artikel behandel die landelike dorp. Vir die skool, sien Hoër Meisieskool Bloemhof.

Bloemhof is 'n landelike dorpie met 14,972 inwoners wat op die banke van die vaalrivier in die Noordwes-provinsie in Suid-Afrika geleë is. Dis ook die geboorte dorp van grootwildjagter Cobus Aucamp.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is in 1864 gestig nadat diamante in die area ontdek is. Die dorp is op John Barclay se plaas, Klipfontein, uitgelê. John Barclay was 'n oorlewende van die HMS Birkenhead wat in 1852 by Danger Point gestrand het. Die plek is Bloemhof genoem na aanleiding van die pragtige tuine wat deur Barclay se dogter aangeplant is. Die dorp is in 1865 opgemeet en in 1869 geproklameer.

Distrik[wysig]

Die distrik is 1 733 km2 groot. Die belangrikste bedrywighede is mielies en beesboerdery. Tussen Bloemhof en Christiana is daar verskeie soutpanne waar sout geoes word.

Die Bloemhofdam is een van die grootste damme in Suid-Afrika. Die N12 nasionale pad gaan deur Bloemhof.

Die sanger Bles Bridges in is 2000 naby die dorp in 'n padongeluk oorlede.

Skole[wysig]

Toeristeaantreklikhede[wysig]

  • Die Bloemhofdam natuurreservaat
  • Sandveld-natuurreservaat
  • SA Lombard-wildreservaat

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]