Bloemhofdam

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bloemhofdam
Uitsig oor die dam
Uitsig oor die dam
Amptelike naam Bloemhofdam
Land Suid-Afrika
Ligging Bloemhof
Koördinate 26°55′9.2″S 29°17′1″O
Doel Besproeiing, drinkwater
Openingdatum 1970
Eienaar Departement van Waterwese
Soort dam Gravitasiedam
Hoogte 33 m
Lengte 2400 m
Bakmaat 1 269 miljoen m3
Dam op Vaalrivier

Die Bloemhofdam, vroeër bekend as die Oppermansdrifdam, is die 6de grootste dam in Suid-Afrika met 'n oppervlak van meer as 230 vierkante kilometer wanneer vol. Die dam het 'n bakmaat van 1 269 miljoen m3. Die damwal is ongeveer 33 meter hoog en het 20 kruinsluise. Die dam lewer gemiddeld 435 miljoen m3 per jaar. Die dam lewer ook beter beheer oor die water wat deur die uitkeerwal 97 km stroomaf aan die Vaalharts-besproeiingskema gelewer word. Die dam is in 1970 voltooi en is 2 km stroomop van die dorp Bloemhof.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Die Bloemhofdam se damwal.

Koördinate: 27°40′15″S 25°37′40″O