Bloemlesing

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Voorblad van 'n Duitse bloemlesing.

'n Bloemlesing is 'n publikasie wat 'n versameling literêre werke van 'n skrywer of skrywers bevat. 'n Bloemlesing kan stukke van die beste skrywers bevat, of die beste stukke van 'n spesifieke skrywer. Dit kan 'n versameling van gedigte, kortverhale, toneelstukke, liedjies of uittreksels wees.

Die woord "bloemlesing" is afgelei van die Grieks woord ἀνθολογία ('n versameling blomme). Die skrywes word hier met blomme vergelyk.

'n Bloemlesing moet nie met die volledige versameling werke, of oeuvre van 'n skrywer verwar word nie.

Voorbeelde[wysig]

Enkele voorbeelde ter illustrasie:

  • Groot verseboek: 'n bloemlesing uit die Afrikaanse poësie; Diederik Johannes Opperman; Nasionale Boekhandel; 1952; ISBN 0624019853
  • Karakters op ons vlaktes: 'n bloemlesing uit die prosawerk; Jochem van Bruggen; Afrikaanse pers-boekhandel; 1961
  • Afrikaanse verse: 'n bloemlesing; DF Malherbe en Felix Vincent Lategan; Nasionale Boekhandel; 1965; ISBN 0624006549
  • Driesprong: 'n bloemlesing uit die gedigte van Celliers, Totius en Leipoldt; Tafelberg; 1978; ISBN 0624011682