Blou reus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

’n Blou reus is ’n ster met ’n spektraaltipe van O of B (dus opmerklik blou) en ’n ligsterkteklas van III (reusester). In die Hertzsprung-Russell-diagram word blou reuse bo en regs van die hoofreeks aangetref.

Hulle is massiewe sterre wat die waterstof in hul kern opgebruik het en helium verbrand, en dus die hoofreeks verlaat het. Hulle het ’n oppervlaktemperatuur van rondom 30 000 kelvin. Hulle kan ’n absolute magnitude van tot −5 of −6 hê (wat van 9 000 tot 25 000 keer so helder soos die Son is),[1] of selfs hoër. Hul oppervlaktemperatuur is so hoog dat ’n taamlike deel van hul energie-uitset in die ultravioletdeel van die spektrum val en dus onsigbaar vir die mens is.

Die term "blou reus" verwys na ’n verskeidenheid sterre wat in verskillende fases van hul bestaan is en nie na 'n spesifieke stertipe nie. Geen ster bly lank in hierdie stadium nie – sowat tien- of honderdmiljoene jare. ’n Blou reus sal óf ’n helder reus (en eindelik ’n planetêre newel en massiewe wit dwerg) word óf ’n superreus (en eindelik ’n supernova).

Voorbeelde van blou reuse[wysig]

Die blou reus Zeta Orionis se grootte in vergelyking met dié van die Son (volgens skaal).
  • Omicron Cassiopeiae (ο Cas), ’n blou-wit tipe B.
  • Omega Cassiopeiae (ω Cas), ’n blou-wit tipe B.
  • 27 Canis Majoris (27 CMa), ’n blou-wit tipe B.
  • 10 Canis Majoris (10 CMa), ’n blou-wit tipe B.
  • S Monocerotis (15 Mon), ’n blou tipe O.
  • 12 Canis Majoris (12 CMa), ’n blou-wit tipe B.
  • Chi Carinae (χ Car), ’n blou-wit tipe B.
  • 11 Canis Majoris (11 CMa), ’n blou-wit tipe B.
  • Tau Andromedae (τ And), ’n blou-wit tipe B.
  • V343 Carinae (d Car), ’n blou-wit tipe B.
  • Alnitak (ζ Ori), ’n blou tipe O.

Verwysings[wysig]

  1. Magnitude Scale”. 2008 – 08 – 04. URL besoek op 2011-04-10.


Soorte sterre en sterregroepe
HD 820.jpg
 Sterre   SterDwergsterWit dwergSwart dwergRooi dwergGeel dwergBruin dwergSubdwergReusesterHelder reusSuperreusHiperreusSubreusRooi reusBlou reusNeutronsterPulsarBlou dwaalsterCepheïedVeranderlike sterNovaOpvlamsterRR Lyrae-sterWolf-RayetsterT Tauri-sterHerbig Ae/Be-sterPoolster
 Sterregroepe   DubbelsterX-straaldubbelsterVeelvoudige sterSterreswermSterrestroomSterrestelselMelkwegSterrestelselswermSuperswerm
 Verwante voorwerpe   SupernovaNewelPlanetêre newelMessier-voorwerpHeelalMultiversumSterrebeeldAsterismeSterreklassifikasieSwartkolkSuperholteInterstellêre mediumMolekulêre wolk
 Lyste   Lys van sterrekundige katalogusseLys van naaste sterreLys van grootste sterreLys van gewone name van sterre