Blouband snapper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Blouband snapper
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Suborde: Percoidei
Familie: Lutjanidae
Genus: Lutjanus
(Bloch, 1790)[1]
Spesie: L. kasmira
Binomiale naam
Lutjanus kasmira
(Forsskål, 1775)[2]
Distribució geogràfica (en blau)
Distribució geogràfica (en blau)
Sinonieme
  • Mesoprion etaape (Lesson, 1831)[3]

Die Blouband snapper (Lutjanus kasmira) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooi See en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Oos-Londen. In Engels staan die vis bekend as die Bluebanded snapper.

Voorkoms[wysig]

Die vis is geel aan die bokant met vier donkerblou strepe op die sye. Die onderkant is wit of liggeel met ligte blouerige grys lyne op die skubbe lyne. 'n Swart kol is soms sigbaar op die sylyn net onder die middel van die dorsalevin. Die vis word tot 33 cm lank.

Habitat[wysig]

Die vis leef in koraal en rotsriwwe in water wat 5–265 m diep is maar word gewoonlik gesien tussen 15–40 m. Hulle vreet snags vis, krap, koppotiges, mondpotiges en planktoniese skaaldiere. Die visse word dikwels in skole gesien oor die riwwe in die dag. Hulle bereik volwassenheid wanneer hulle 18–23 cm lank word. Die vis paar in klein groepe, gewoonlik in die vroeë aand gedurende die laat winter of vroeë lente. Die vis is 'n smaaklike eetvis en kan in groot akwariums aangehou word.

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Blouband snapper (kategorie)

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Bloch M. E., 1790. Naturgeschichte der ausländischen Fische. Berlyn. Naturg. Ausl. Fische v. 4. i-xii + 1-128.
  2. BioLib (en)
  3. Catalogue of Life (en)

Eksterne skakel[wysig]