Bloukraanvoël

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bloukraanvoël
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Gruiformes
Familie: Gruidae
Genus: Grus
Spesie: G. paradisea
Binomiale naam
Grus paradisea
(Lichtenstein, 1793)
Sinonieme

Anthropoides paradiseus

Eiers van die bloukraanvoël

Die bloukraanvoël is 'n skaars, endemiese, bedreigde standvoël en is ook Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika se nasionale voël.

Identifikasie[wysig]

Dit is 'n grondlopende, eiesoortige blougrys voël met lang pote, 'n dik kop met 'n wit kroon, 'n pienk bek en lang vlerkpluime wat soos 'n stert lyk en wat feitlik tot op die grond strek. Die pluime ontbreek by jonges.

Habitat[wysig]

Bloukraanvoëls hou in pare of swerms in die Karoo, heuwelagtige grasveld, klam valleie, landerye en langs mere op soek na saad en insekte. Hulle verkies taamlik hoogliggende streke en swerf rond wanneer hulle nie nes maak nie.

Verspreiding[wysig]

'n Groep bloukraanvoëls in die Bontebok Nasionale Park in Suid-Afrika

Van die 15 verskillende kraanvoëls is die bloukraanvoël die ylste versprei. Alhoewel hulle in hulle historiese gebiede algemeen voorgekom het en die bevolking tussen 10 000 en 20 000 was, het daar 'n skielike afname in hulle getalle plaasgevind sedert 1980, en tans word hulle deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie.

Die afgelope twee dekades het die bloukraanvoël in die Oos-Kaap, Lesotho, en Swaziland hoofsaaklik verdwyn. Die bevolking in die Noord-Vrystaat, KwaZulu-Natal, Limpopo, Gauteng, Mpumalanga en die Noord-Wesprovinsie het met tot 90% afgeneem. Die meerderheid van die oorblywende bevolking kom voor in die oostelike en suidelike dele van Suid-Afrika, met 'n klein afgesonderde groepie by die Etoshapan in Noord-Namibië. Soms word afgesonderde broeipare in die buurlande, Namibië, Botswana, Zimbabwe en Mosambiek, aangetref.

Die hoofoorsaak vir die drastiese afname van bloukraanvoëlgetalle in Suid-Afrika word toegeskryf aan die land se bevolkingsgroei, die aanplantings van plantasies op grasvelde, die gebruik van gifstowwe in landbou en die gebruik of misbruik van gifstowwe wat vir ander spesies uitgesit word.

Die Suid-Afrikaanse regering beskerm die bloukraanvoël deur wetgewing. Ander bewaringsmetodes word ook aangewend, soos opleiding, navorsing, omgewingsbestuur en die werwing van hulp deur private grondeienaars.

Geluid[wysig]

Die bloukraanvoël uiter 'n harde, ratelende, nasale "krraaaarrrk".

Ander name[wysig]

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakels[wysig]