Bloukransmoorde

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die monument wat te bloukrans opgerig is
Die plakket op die monument wat die gebeure van daardie dag uitbeeld (Let op die vandalisme).

Bloukrans is 'n heuwel in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika waar 'n groot aantal Voortrekkers in 'n aanval deur Zoeloes gesterf het. Hierdie voorval staan as die Bloukransmoorde of Bloedbad van Weenen bekend.

Op 17 Februarie 1838, na die moord op Piet Retief, stuur Dingaan sy magte om die res van die Voortrekkers dood te maak. 'n Impi (regiment van Zoeloekrygers) het die laer by Bloukrans aangeval en 41 mans, 57 vroue en 97 kinders vermoor. 'n Hele aantal van die Voortrekkers wat ontsnap het is gewond.

Weenen, 'n naburige dorpie, is so genoem ter herdenking aan die treurspel. Daar staan vandag 'n monument ter nagedagtenis aan hierdie gebeurtenis. Die Voortrekkerleier, Gerrit Maritz, se oorskot is ook op die plek herbegrawe. Generaal Piet Joubert was teenwoordig by die inhuldigingseremonie van die monument.