Bloukurper

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bloukurper
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Cichlidae
Subfamilie: Pseudocrenilabrinae
Tribus: Tilapiini
Genus: Oreochromis
Spesie: O. mossambicus
Binomiale naam
Oreochromis mossambicus
(Peters, 1852)

Die Bloukurper (Oreochromis mossambicus) is 'n varswatervis wat voorkom in suidoostelike Afrika. Dit staan ook bekend as die Grootbekkurper, die Mosambiekkurper, die Rooivin-kurper en in Engels as die Mozambique tilapia.

Voorkoms[wysig]

Die Bloukurper is donker, olyfgroen van kleur met rooi rante aan die stert en dorsale vin. Die onvolwasse visse het ses vertikale strepe oor die lyf. Bloukurpers word 40 cm lank en 3.2 kg swaar. Die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 3.265 kg, die Zimbabwe rekord is 2.181 kg en die Malawi rekord is 0.64 kg.

Habitat[wysig]

Bloukurpers leef in staande of stadigvloeiende riviere. Hulle kan 'n groot verskil in temperatuur oorleef - In die kouer dele van ons land gaan Bloukurpers in ‘n soort winterslaap, en selfs ook in die warmer streke soos die Hartebeespoortdam, maar navorsing het getoon dat Bloukurpers in water van ongeveer 10°C (50°F) begin doodgaan, veral as die water vinnig afkoel. Hulle begin eers lekker byt (veral aan kunsaas) as die watertemperatuur gereeld hoër as 21°C (70°F) is. Bloukurpers is nie sensitief vir soutgehalte nie. Hulle word daarom ook in riviermondings en selfs die see gevind. Bloukurpers vreet krappe, insekte, fyn alge en erdwurms.

Voortbestaan[wysig]

Die wyfie dra die eiers in haar mond totdat hulle uitbroei.

Bloukurpers in Suid-Afrika[wysig]

Òf mens die eenvoudigste manier van hengel – ‘n bos erdwurms onder ‘n rooi en wit dobber – òf meer gevorderde kunsaas tegnieke toepas, bly kurperhengel ‘n fees.

Alhoewel Bloukurpers al vanaf September gevang word is Februarie tot April in die warmer, noordelike en oostelike dele van die land prima kurpertyd. Bloukurpers van een kilogram en swaarder is veral die teiken in talle riviere en damme in Mpumalanga, Noord-Wes, Limpopo en KwaZulu-Natal.

Omrede die Bloukurper so ‘n uithaler-sportvis op ligtegerei is, en ook omdat hy ‘n voortreflike tafelvis is, is hy lankal onwettig verplaas na ander dele van die land waar die winters nie te koud is nie. So byvoorbeeld is daar ‘n lewenskragtige bevolking Bloukurpers in Zeekoeivlei op die Kaapse Skiereiland, asook in verskeie plaasdamme in die wynland.

En omdat die Bloukurper in soutwater aanpasbaar is, word hy ook deur verbaasde hengelaars in verskeie getyriviere en -mondings soos byvoorbeeld St. Luciameer teëgekom waar hengelaars eintlik vir knorders hengel...[1]

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Bloukurper (kategorie)

Eksterne skakel[wysig]

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Tips 'n Tricks vir Kurper, besoek op 29 Mei 2013