Bloumarlyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bloumarlyn
Bewaringstatus
kwesbaar
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Istiophoridae
Genus: Makaira
Spesie: M. nigricans
Binomiale naam
Makaira nigricans
Lacépède, 1802
Verspreiding
Verspreiding

Die Bloumarlyn (Makaira nigricans) is die bekendste sportvis en kom in al drie oseane van die wêreld voor. In Suid-Afrika kom die vis meer aan die ooskusgebiede voor, veral noord van Durban. Sodwanabaai is een van die bekendste plekke van waar die vis gevang word. Die vis word beskou as die vinnigste van die marlyne. In Engels staan die vis bekend as Blue marlin.

Voorkoms[wysig]

Die vis is groot met 'n lang lyf wat donkerblou aan die bokant is terwyl die sye en pens silwer-wit is. Die pektorale vinne kan weggevou word. Die swaard is lank en skerp en kan langer wees as die Swartmarlyn se swaar. Daar is ook ligte-blou, vertikale lyne op die kant van die vis wat verdwyn na die vis gevrek het. Die swaarste Bloumarlyn gevang in Suid-Afrikaanse waters het 219 kg geweeg.

Gewoontes[wysig]

Die vis is alleenlopers wat oor die oseane swem. Hulle vreet tussen die oseaan se oppervlakte en middeldiep water en eet kleiner tuna en Pensstreep-tuna. Soos alle swaardvisse gebruik hulle ook hul swaarde om hul prooi te verlam, beseer of selfs te dood. Hulle vreet vroeg tot laat in die oggende. Die vis is ook 'n gesogte eetvis.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Eksterne skakel[wysig]