Blouvlagstrand

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Blouvlagstrande)
Spring na: navigasie, soek
Blue Flag Logo.svg
Aanduiding van 'n Blouvlagstrand, 2007

'n Blouvlagstrand is 'n sertifikasie deur die Foundation for Environmental Education (FEE)[1] dat 'n strand of mariene gebied aan hulle hoogste standaarde voldoen.

Kriteria[wysig]

Enkele van die kriteria waaraan 'n blouvlagstrand moet voldoen:

  • Die swemwater is van uitstekende kwaliteit.
  • Die strand word skoongehou.
  • Daar is voldoende toilette en wasbakke op die strand.
  • Reddingstoerusting en 'n noodhulppos is op die strand aanwesig.
  • Ter beskerming van die natuurlike milieu van die see, strand en duine word voorligtingsaktiwiteite georganiseer.

Suid-Afrika[wysig]

Suid-Afrika het 23 strande met Blouvlagstatus. Teen 2010 is aan meer as 3 450 strande in 41 lande die predikaat Blouvlagstrand verleen. Dit is 'n internasionale toekenning aan strande wat hoë standaarde handhaaf wat betref watergehalte, kleedkamers, netheid, strandwagte, omgewingsopvoeding en bestuur. In die bemarking van 'n strandoord as 'n toeristebestemming is die Blouvlagstatus van groot belang.

By die volgende strande in Suid-Afrika wapper die blou vlag van die Stigting vir Omgewingsopvoeding:

Groter Kaapstad[wysig]

Overberg[wysig]

Suid-Kaap[wysig]

Oos-Kaap[wysig]

KwaZulu-Natal[wysig]

  • Umzumbe (Pumula), Trafalgarstrand en Marinastrand, al drie aan die KwaZulu-Natalse suidkus
  • Margatestrand, Ramsgatestrand en Lucienstrand, al drie by Margate

Verwysings[wysig]

  1. Bysted A/S. “FEE - Foundation for Environmental Education”. Fee-international.org. URL besoek op 2010-05-21.