Blue Mountains

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Die Blue Mountains (2009)

Die Blue Mountains is 'n bergagtige streek in Nieu-Suid-Wallis, Australië. Dit grens aan Sydney se metropolitaanse gebied met die voethoewels wat sowat 50 kilometer wes van Sydney af begin.[1] Die gebied begin aan die westekant van die Nepean-rivier en strek wes tot so ver as die Cox-rivier.[2].

Die Blue Mountains bestaan hoofsaaklik uit 'n sandsteen plato met skeure van tot 760 meters diep daardeur. Die hoogste punt van die bergreeks is 1 190 meter bo seevlak. 'n Groot deel van die Blue Mountains is as wêrelderfenisgebied verklaar en sluit sewe nasionale parkgebiede en 'n natuurreservaat in.

Die Blue Mountains gebied sluit die plaaslike regeringsgebiede van die Blue Mountains, Hawkesbury, Lithgow en Oberon onder andere in.

Klimaat[wysig]

Die klimaat wissel met die hoogte bo seespieël. By Katoomba (1 010 m) is die dagtemperatuur in die somer in die 20's met 'n paar dae in die 30's (Celsius). Nagtemperature is gewoonlik in die tiene. In die winter is die temperature bedags rondom 12 tot 13°C en so laag as -3°C op wolklose nagte en so om en by 2 tot 3°C op bewolkte nagte. Daar kom so twee tot drie sneeuvalle jaarliks voor. In die laer gebiede is dit egter beduidend warmer.

Die reënval is ongeveer 1 050 mm in die boonste dele van die Blue Mountains[3] met baie mistige dae.

Verwysings[wysig]

  1. Gregory's New South Wales State Road Map, Kaart 220, 11de Uitgawe, Gregory's Publishing Company
  2. The Blue Mountains Rediscovered, Chris Cunningham (Kangaroo Press) 1996, bl.33
  3. http://www.bluemts.com.au/tourist/about/climate.asp