Bondi Beach

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
'n Uitsig oor Bondi beach

Bondi Beach (uitspraak:"Bondaai") is 'n beroemde strand in Sydney, Australië. Hoewel Bondi Beach nie 'n baie groot strand is nie, het dit bekend geword as die middelpunt van die Australiese strand- en branderplankry kultuur. Baie toeriste het Bondi Beach deur die loop van die jare besoek en tydens die kersvakansie besoek baie Britse en ander Europese toeriste die strand.

Tydens die Olimpiese Somerspele van 2000 het daar baie strandvlugbal wedstryde op hierdie strand plaasgevind.

Vanaf Bondi Beach kan 'n mens na ander strande loop op 'n wandelpaadjie wat al langs die kus in die rigting van Bronte Beach loop. In November vind daar elke jaar 'n gratis uitstalling van beeldhouwerke getiteld "Sculpture by the Sea" langs hierdie roete plaas. Hierdie uitstalling lok jaarliks ongeveer 450 000 besoekers.