Bont akkedisvis

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bont akkedisvis
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Cyclosquamata
Orde: Aulopiformes
Familie: Synodontidae
Genus: Synodus
Spesie: S. variegatus
Binomiale naam
Synodus variegatus
(Lacépède, 1803)
Sinonieme

Synodus englemani
L. P. Schultz, 1953

Die Bont akkedisvis (Synodus variegatus) is 'n vis wat voorkom aan die ooskus van Afrika vanaf die Rooi See tot by die Aliwal-bank. In Engels staan die vis bekend as die Redband lizardfish.

'n Bont akkedisvis in die Rooisee.

Voorkoms[wysig]

Die vis het twee kleur skemas; eers is hulle bruin met 'n breë donker-bruin band wat strek van die kop tot by die stert. Dié band sny deur dun vertikale donker-bruin strepe en vlekke. Die tweede fase is die rooi-fase; nou is daar 'n rooi band onder die sylyn wat deur vertikale rooi strepe en vlekke gaan. Die stertvin is gevurk met rooi bruin kolletjies op. Die vis word tot 33 cm groot.

Habitat[wysig]

Die vis leef in sanderige of rotsagtige bodems in water wat 5–60 m diep is waar hulle dikwels as pare saam gesien word. Die vis is goed gekamoefleer en sit geduldig en wag vir sy prooi. Dit kan in akwariums aangehou word maar nie saam met kleiner vis nie.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]