Bosbok

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bosbok
Bosbok
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Mammalia
Orde: Artiodactyla
Familie: Bovidae
Subfamilie: Bovinae
Genus: Tragelaphus
Spesie: T. scriptus
Binomiale naam
Tragelaphus scriptus
(Pallas, 1766)

Die bosbok (Tragelaphus scriptus) is 'n klein wildsbok wat in Afrika, suid van die Sahara, aangetref word.

Volwasse bosbokke het 'n gemiddelde massa van 70 kg en 'n hoogte van ongeveer 90 cm. Die ramme het horings wat tot 55 cm lank kan word.

Bosbokke word nie maklik raakgesien nie, omdat hulle digte bosgebiede en rietruigtes langs riviere verkies.

Die ooi is ses tot sewe maande dragtig, waarna 'n enkele lammetjie in die lente of somer gebore word. Bosbokke het 'n moontlike lewensduur van nege jaar.

Sien ook[wysig]

Bronnelys[wysig]