Bosloerie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bosloerie
Volwasse mannetjie in die Oribi Gorge Natuurreservaat, Suid-Afrika.
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Trogoniformes
Familie: Trogonidae
Genus: Apaloderma
Spesie: A. narina
Binomiale naam
Apaloderma narina
(Stephens, 1815)

Die Bosloerie (Apaloderma narina) is standvoël wat voorkom aan die ooskus en onmiddellike binneland vanaf Mosselbaai verby Mosambiek. Die voël kom ook voor langs die Zambezirivier tot by die Kaprivistrook. In Engels staan die voël bekend as die Narina Trogon.

Voorkoms[wysig]

Die mannetjie is heldergroen met 'n karmosyn pens, wasagtige geel snawel en turkoois groenerige kolle vel aan die gesig en keel. Die wyfie is valer met 'n rooibruin gesig met 'n gryser bors en dowwe karmosyn pens.

Habitat[wysig]

Die voël leef in woude, digte boomveld en ruigtes.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. BirdLife International (2012). “Apaloderma narina”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op 16 Julie 2012.