Bosolienhout

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Olea woodiana
In die KwaZulu-Natal Botaniese Tuin
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
(geen rang): Angiospermae
(geen rang): Eudikote
(geen rang): Asteride
Orde: Lamiale
Familie: Oleaceae
Genus: Olea
Spesie: O. woodiana
Knobl.
Binomiale naam
Olea woodiana

Die Bosolienhout (Olea woodiana) is 'n middelgroot tot hoë[1] woudboom wat tot die olyf familie (Oleaceae) behoort. Dit kom wydverspreid in oos-Afrika voor, in laergeleë heuwelbosse van Kenia, Tanzanië en Swaziland tot in oostelike Suid-Afrika.[2] Daar is twee subspesies, naamlik O. w. disjuncta in die noorde en O. w. woodiana in die suide.

Die bloeiwyses wat uit die blaaroksels of aan die stingelpunte groei, dra klein wit blomme. Vrugte word vanaf laatsomer voortgebring.[1] Hulle is ovaalvormig en ryp vrugte verkry 'n swartpers kleur, wanneer dit ook deur voëls gevreet word.[1]

Kyk ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 1,2 Olea woodiana”. Witbos inheemse kwekery. URL besoek op 26 Desember 2012.
  2. Olea woodiana Knobl.”. GRIN Taxonomy for Plants. Germplasm Resources Information Network. URL besoek op 26 Desember 2012.