Bostonslagting

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Paul Revere se gravering van die Boston-slagting

Die Boston-slagting is 'n insident waartydens vyf burgerlikes deur Britse soldate gedood is nadat hulle die soldate met sneeuballe bestook het. Die insident het op 5 Maart 1770 in Boston, Massachusetts in die Verenigde State van Amerika plaasgevind. Dit was destyds 'n Britse kolonie.[1]

'n Groot skare het die aand voor die Custom House in King-straat saamgedrom. 'n Britse soldaat, genaamd Hugh White, slaan 'n seun omdat hy sy bevelvoerder beledig het. Die seun hardloop weg en kom later met 'n skare woedende mense terug. Nog Britse soldate daag op om Hugh Wit teen die mense te beskerm. Die skare gooi sneeuballe met mossels binne na die soldate. Soos die skare groei het die toneel meer en meer chaoties geraak. 'n Persoon in die skare geskree: "vuur". In die verwarring brand 'n paar soldate op die mense los. Crispus Attucks, 'n Afro-Amerikaanse man was een van die eerstes wat in die insident gesneuwel het.[2] Uiteindelik is vyf mense doodgeskiet en 'n verdere ses gewond.

Verhoor[wysig]

Agt Britse soldate is vir die slagting aangekla. John Adams het die Britse soldate verdedig. Hy het besef dat dit die mense sou ontstel, maar hy het geglo dat almal 'n billike verhoor verdien. Uiteindelik is twee soldate, Hugh Montgomery en Matthew Killroy deur die hof aan manslag skuldig bevind. As straf is hulle duime gebrandmerk.[3] Adams sou later die president van die VSA word.

Nadraai[wysig]

Paul Revere maak 'n gravering van die Britse soldate wat op die skare skiet. Baie mense het die gravering gesien en was ontsteld daaroor. 'n Paar jaar later het die Amerikaanse Rewolusie begin, en die kolonies sou hulle onafhanklikheid kry.

Verwysings[wysig]

  1. "Boston Massacre". Boston Massacre Historical Society. http://www.bostonmassacre.net/plot/detailed1.htm. Besoek op 3 Maart 2010. 
  2. Africans in America/Part 2/Crispus Attucks”. pbs.org. URL besoek op 17 November 2010.
  3. Key Figures in the Boston Massacre Trial”. law.umkc.edu. URL besoek op 16 November 2010.