Bosveldtjeriktik

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bosveldtjeriktik
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klas: Aves
Orde: Passeriformes
Familie: Sylviidae
Genus: Parisoma
Spesie: P. subcaeruleum
Binomiale naam
Parisoma subcaeruleum
(Vieillot, 1817, Gouritsrivier, Kaapprovinsie)

Die Bosveldtjeriktik (Parisoma subcaeruleum), (Engels: Chestnut-vented Warbler of Rufous-vented Warbler) word gereeld onder die genus Sylvia as Sylvia subcaeruleum gelys.

Die bosveldtjeriktik broei in Suidelike Afrika in Angola, Botswana, Zimbabwe, Zambië, Namibië, Suid-Afrika, Lesotho, Mosambiek en Swaziland. Dis 'n algemene spesie wat in 'n wye verskeidenheid habitatte gevind word, bv. fynbos, struike, bossies en droë rivierbeddings.

Beskrywing[wysig]

Die bosveldtjeriktik is 14–15 cm lank en weeg ongeveer 16 g. Die voël se bo-dele is bruingrys, en die stert is swart met 'n breë wit strook op die punt, en dit het 'n wit oogring. Die keelvere is grys met 'n baie donker streep, die bors en maag is grys, met die anale area 'n baie helder bruin. Die bene is swart en die oë is grys van kleur. Die geslagte lyk beide dieselfde, maar die jongeling het nie 'n gestreepte keel nie. Die roepgeluid is 'n hard-gefluite tjeerup-tjee-tjee.

Gedrag[wysig]

Die bosveldtjeriktik bou 'n grasnessie in plantegroei. Die spesie is monogaam en paar dus lewenslank. Hulle word gewoonlik alleen of in pare opgemerk waar dit in plantegroei op soek is na insekte en ander klein ongewerweldes.

Bewaringstatus[wysig]

Die voëltjie het 'n baie groot verspreidingsgebied, geskat op 2,800,000 km². Die populasie grootte is ook blykbaar aansienlik, en die spesie staar nie enige afname in getalle in die gesig volgens die IUBN Rooilys se kriteria nie, dus is hy gelys as "Laer Risiko".

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. BirdLife International (2012). “Sylvia subcaerulea”. IUCN Rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. URL besoek op 16 Julie 2012.