Bothaville

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bothaville
Bynaam: Mieliehoofstad
Ligging van Bothaville op 'n kaart (Vrystaat)
Bothaville
Bothaville
Koördinate: 27°23′S 26°37′O Koördinate: 27°23′S 26°37′O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distriksmunisipaliteit Lejweleputswa
Plaaslike Munisipaliteit Nala
Stigting 1891
Oppervlak
 - Dorp 34,07 km²  (13,2 vk m)
Bevolking (2011)[1]
 - Dorp 46 030
 - Digtheid 1 100/km² (2 849/myl2)
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 9660
Skakelkode(s) 056

Bothaville is 'n dorp in die noordweste van die Vrystaat, Suid-Afrika en is 5 km oos van die Vaalrivier aan die Valsrivier geleë.

Geskiedenis[wysig]

Dorpstigting was in 1891 op die plaas Gladdedrift en die dorp was aanvanklik as Botharnia bekend.[2] Die plaas Johannesrus was ook oorweeg as 'n alternatief vir dorpsvestiging, maar daar is op Gladdedrift besluit na aanleiding van die beskikbaarheid van voldoende water uit die Valsrivier. Botharnia is in 1893 hernoem na Bothaville. Die dorp is vernoem na Theunis Louis Botha, die oorspronklike eienaar van die plaas.

Bothaville is geleë in Suid-Afrika se 'someroesgebied' en die omgewing is hoofsaaklik saaiwêreld. As gevolg van besondere goeie mielieopbrengste staan Bothaville ook bekend as die hoofstad van die mieliedriehoek, 'n gebied wat oor die someroesgebied strek tussen Zastron, Mafikeng en Machadodorp. Sommige bronne lys die driehoek as Ladybrand, Mahikeng en Carolina.

Bothaville het ook bekendheid verwerf vir grootskaalse produksie en bemarking van plaas implemente deur die Vetsak fabriek (Vrystaat en Transvaalse Sentrale Aankoopkoöperasie) en "Gert Venter Nywerhede Edms Bpk". Bothaville bied die jaarlikse "NAMPO Oesdag" landbouskou aan, wat as een van die grootste van sy soort in die wêreld beskou word.[3].

Boorlinge van Bothaville[wysig]

Sien ook[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. Som van die hoofplekke Bothaville en Kgotsong tydens 2011-sensus.
  2. (en) Vrystaat Toerisme - Bothaville
  3. (en) GraanSA