Bouvet-eiland

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bouvet-eiland
Inheemse naam: Bouvetøya
Lugfoto van die Bouvet-eiland
Lugfoto van die Bouvet-eiland
Geografie
Ligging Suidelike Atlantiese Oseaan
Koördinate 54°26′S 03°24′O
Oppervlak 49 vk km
Hoogste punt Olavtoppen 780 m
Administrasie
Vlag van Noorweë Noorweë
Oorsese gebied Bouvet-eiland
Ligging van die Bouvet-eiland in die suidelike Atlantiese Oseaan
Kaart van die Bouvet-eiland

Bouvet-eiland (Noors: Bouvetøya) is 'n eiland geleë op 54˚26'SB, 3˚24'OL in die suidelike Atlantiese Oseaan. Die klein eiland behoort aan Noorweë en is eintlik 'n vulkaanpiek bedek met 'n permanente yslaag. Dit is onbewoon en dien amptelik as meteorologiese stasie.

Die eiland is in 1739 ontdek deur die Franse vlootoffisier Jean-Baptiste Bouvet de Lozier. In 1825 word die eiland vir die eerste keer opgeëis deur Engeland. In 1927 neem die Noorweërs dit in en die jaar daarop sien die Engelse van hulle eis af. In 1971 word Bouvet en die omringende water tot natuurreservaat verklaar.

Bouvet skep vir 'n onbewoonde eiland relatief bogemiddelde belangstelling vanweë sy eie Internet-domeinnaam. Dit is ".bv" en word beheer deur Noorweë, maar daar kan niks daarop geregistreer word nie. Baie internettoepassings bied nogtans die moontlikheid om Bouvet as landkeuse te kies.

Eksterne skakels[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Bouvet-eiland (kategorie)


 
Oorsese gebiede van Noorweë
Flag of Norway.svg
Bouvet-eiland · Jan Mayen · Koningin Maudland · Peter I-Eiland · Svalbard