Brandfort

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Brandfort
Ligging van Brandfort op 'n kaart (Vrystaat)
Brandfort
Brandfort
Koördinate: 28°42′0″S 26°28′0″O Koördinate: 28°42′0″S 26°28′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Vrystaat
Distriksmunisipaliteit Lejweleputswa
Plaaslike Munisipaliteit Masilonyana
Tydsone SAST (UTC+2)
Poskode 9400

Brandfort is 'n klein dorp in die middel van die Vrystaat, in Suid-Afrika, tussen Bloemfontein en Theunissen.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is gestig op die plaas Keerom wat vir die eerste keer in 1838 deur Jacobus van Zijl, 'n Voortrekker van Prins Albert beset is. In 1866 het hy die NG kerk genader om 'n dorp op sy plaas uit te lê. Die eerste woonerwe is op 30 Oktober 1866 verkoop. Die dorp is eers in 1874 geproklameer en het munisipale status in 1884 gekry.

Distrik[wysig]

Die distrik is 3 660 km2 groot. Gemengde boerdery word beoefen en daar is verkeie stoeterye vir merino's, Afrikanerbeeste en varke in die omgewing. In die weste is daar ook 'n aantal panne.

Tweede Vryheidsoorlog[wysig]

Die Slag van Brandfort het op 25 Maart 1900 hier plaasgevind. Daar was ook 'n konsentrasiekamp by Brandfort genaamd Dwyersdorp so genoem omrede 'n Ier, kaptein Dwyer baie simpatie met die vroue en kinders gehad het. Van hulle het 1 550 egter gesterf.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]