Brandrissie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Brandrissie
'n Groot, ryp brandrissie
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Angiosperms
Klas: Eudicots
Orde: Solanales
Familie: Solanaceae
Genus: Capsicum
Spesie: C. frutescens
Binomiale naam
Capsicum frutescens
Thaise rissies, 'n tipe Cayenne-peper
Capsicum frutescens

Die brandrissie (ook bekend in Engels as Cayenne pepper,[1] cow-horn pepper, aleva, bird pepper),[2] of, in sy poeiervorm, bekend as rooipeper of paprika — is 'n skerp chilipeper wat gebruik word om smaak en geur aan disse te verleen. Wanneer dit ryp is, het dit 'n helder rooi kleur, maar kan ook groen geëet word. Die Engelse naam is vernoem na die stad Cayenne in Frans-Guyana, dit is 'n kultivar van Capsicum annuum verwant aan soetrissies (bell peppers), jalapeños en andere. Die Capsicum genus is in die nagskadu-familie Solanaceae.

Die vrugte word normaalweg gedroog en gemaal, of verpulp en in koekies gebak, wat dan gemaal en gesif word om die verpoeierde spesery te lewer.

In kos[wysig]

Brandrissies kan gebruik word vir die sagmaak van hoenderporsies

Rissies word gebruik tydens die kook van sterkgegeurde disse, as 'n poeier of in sy heel vorm (bv. in Indië, Korea, Sichua en ander Asiatiese lande), of in 'n dun, asyn-gebaseerde sous. Die hitte word op 30 000 tot 50 000 Scoville-eenhede gereken. Dit word ook gebruik as 'n kruietoevoegsel.

In drankies[wysig]

Drankies is deesdae beskikbaar met brandrissie-ekstrak, kapsisien, as 'n aktiewe bestanddeel.[3][4]

Verbouing[wysig]

Meeste verboude soorte van die brandrissie, Capsicum annuum, kan op enige plek gekweek word en neem omtrent 100 dae om volgroei te raak. Rissies verkies warm, vogtige, voedingsryke grond in 'n warm klimaat. Die plante bereik ongeveer 0,6 tot 1 meter in hoogte en moet omtrent een meter uitmekaar geplant word.[5]

Voedingswaarde[wysig]

Brandrissies het 'n redelike hoë vitamien A-inhoud. Verder bevat dit ook vitamien B6, riboflavien,vitamien C, vitamien E, kalium en mangaan.[6] Die relatief klein hoeveelhede rissie wat met etes ingeneem word, maak die voedingswaarde van die indiwiduele stowwe egter weglaatbaar klein in die daaglikse waardetabel.

Baie vrae is al gevra oor die hitte-effek van brandrissies. Daar is beweer Kanadese inwoners het brandrissies in hulle stewels gebruik om hitte te behou in temperature onder vriespunt.

Verwysings en notas[wysig]

  1. Nicholas Culpeper [1653] (1814). “Guinea Pepper”, Culpeper's Complete Herbal. David Hand (Web publication). Besoek op 2011-07-13. 
  2. Therapeutic Research Faculty (2009). “Capiscum”, Natural Medicines Comprehensive Database (Consumer Version). WebMD. Besoek op 2011-07-13. 
  3. Latif, Ray, "Extreme and Edgy Flavors", Beverage Spectrum Magazine, Bevnet, May 30, 2011. URL besoek op 2011-07-13.
  4. Stanton Lee, Kendra, "Slimming Prospects", Beverage Spectrum Magazine, Bevnet, March 2011. URL besoek op 2011-07-13.
  5. Error on call to template:cite web: Parameters url and title must be specifiedBrown (April 27, 2006). ThriftyFun.com. URL besoek op 2011-07-13.
  6. Nutrition Facts: Spices, pepper, red or cayenne”. Nutrition Data. Condé Nast Digital: 2011. URL besoek op 2011-07-13.

Verdere leesstof[wysig]

Eksterne skakels[wysig]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.