Breekhout

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Breekhout
Breekhout (Alberta magna)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk: Plantae
Divisie: Magnoliophyta
Klas: Magnoliopsida
Orde: Gentianales
Familie: Rubiaceae
Subfamilie: Ixoroideae
Tribus: Alberteae
Genus: Alberta
Spesie: A. magna
Binomiale naam
Alberta magna
E.Mey
Blomme

Die Breekhout (Alberta magna) is 'n struik of klein boom wat floreer aan die kus maar glad nie groei in die binneland of droë toestande nie. Hulle kom veral voor in die immergroen woude en bosryke klowe in KwaZulu-Natal en suidwaarts tot by Oos-Londen. Die blomme is rooi tot karmosynkleurig en buisvormig wat tot 3 cm lank word. Hulle word in digte hofies gedra. Die vrugte het twee vlerkies van tot 2 cm lank. Die vrugte word ook rooi tot skarlakenrooi van kleur.

Sien ook[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
Breekhout (kategorie)

Bron[wysig]