Briekwabaars

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Briekwabaars
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Acanthopterygii
Orde: Perciformes
Familie: Serranidae
Subfamilie: Epinephelinae
Genus: Epinephelus
Spesie: E. lanceolatus
Binomiale naam
Epinephelus lanceolatus
(Bloch, 1790)
'n Briekwabaars tussen Goue koningvisse

Die Briekwabaars (Epinephelus lanceolatus) is 'n vis wat voorkom in die Indiese-Pasifiese area, die Rooi See en aan die ooskus van Afrika van Oman tot by Algoabaai. In Engels staan die vis as die Brindle bass bekend.

Voorkoms[wysig]

Die jong visse is geel van kleur met onreëlmatige swart strepe oor die lyf. Die vis se kop en lyf is bruin met dowwe vlekke op terwyl daar swart kolletjies op die vinne is. Die vis word 2.7 m lank en weeg dan tot 400 kg.

Habitat[wysig]

Die jong vissies leef in riviermondings en hawe-areas en die volwassenes in grotte in koraalriwwe en by wrakke in water van tot 100 m diep. Die visse vreet vis, skaaldiere, klein krewe, jong seeskilpadjies en klein haaitjies. Hulle word deur die IUBN geklassifiseer as 'n kwesbare spesie en skubaduikers mag hulle nie skiet nie.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakel[wysig]