Broodkrummels (navigasie)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Broodkrummels op 'n webbladsy.

Broodkrummels is 'n metode wat op die koppelvlakke van rekenaarprogramme en webtuistes gebruik word om gebruikers te wys waar hulle hulself bevind. Dit vergemaklik dus navigasie deur die koppelvlak.

Die term is vermoedelik vanaf sprokies soos Hansie en Grietjie en Kleinduimpie afkomstig. In die stories laat die karaters 'n spoor van broodkrummels, sodat hulle later hulle weg terug kan vind (dis nou as die voëls dit nie oppik nie).[1]

Webtuistes[wysig]

Webwerwe bestaan soms uit 'n komplekse hiërargie van bladsye waarin besoekers hulself maklik kan verloor. Die broodkrummels help om die pad wat die gebruikers deur die webtuiste gevolg het aan te toon. Behalwe dat die roete so duidelik uitgelig word, kan die gebruiker na een van die vorige bladsy terugspring deur op een van die broodkrummels te klik. Die broodkrummel begin gewoonlik met die tuisblad en word dan langer soos mens dieper in die webtuiste in navigeer.

Broodkrummels vir 'n webblad oor eikebome sou byvoorbeeld as volg kon lyk:

Tuisblad > Bome > Loofbome > Eikebome

Programme[wysig]

Rekenaarprogramme maak ook algemeen van broodkrummels gebruik. So kan 'n installasieprogram byvoorbeeld die stappe waardeur gegaan word aandui en die huidige stap uitlig. Dit skep 'n visuele aanduiding van die vordering wat gemaak word.

Installasie: Stap 1 » Stap 2 » Stap 3

Verwysings[wysig]

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:
  1. Mark Levene (18 October 2010). An Introduction to Search Engines and Web Navigation, 2nd, Wiley, 221. ISBN 978-0470526842. Besoek op 12 November 2012.  (en)