Bruin skreeubaber

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Bruin skreeubaber
Bewaringstatus
Wetenskaplike klassifikasie
Domein: Eukaryota
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Subfilum: Vertebrata
(Cuvier, 1812)
Infrafilum: Gnathostomata
Superklas: Osteichthyes
(Huxley, 1880)
Klas: Actinopterygii
Subklas: Neopterygii
Infraklas: Teleostei
Superorde: Ostariophysi
Orde: Siluriformes
Familie: Mochokidae
Genus: Synodontis
Spesie: S. zambezensis
Binomiale naam
Synodontis zambezensis
W. K. H. Peters, 1852

Die Bruin skreeubaber (Synodontis zambezensis) is 'n varswatervis wat in riviere aan die ooskus van Afrika voorkom, vanaf die middelste en onderste gedeeltes van die Zambezirivier, suidwaarts tot by die Pongolarivier. Hulle kom egter nie in die boonste gedeelte van die Saverivier-stelsel voor nie. In die Caprivi staan die vis as die Zambezi knorvis bekend en in Engels as die Brown squeaker.

Voorkoms[wysig]

Die Bruin skreeubaber se kop is hard, die pantserplaat by die kiewe vorm ‘n driehoek, maar is effens gerond onder. Hy het drie paar baarde; die buitenste is lank, die tweede paar raak die vin-basis, die binneste paar is kort, net sowat 1/3 in lengte van die tweede paar. Daar is 23-36 tande in die onderkaak.

Die punthoekige rugvin is heelwat langer as die stekel wat effens langer as die kop is. Die vetvin is goed ontwikkel en groter as by al die ander knorvisse. Die stertvin is goed ontwikkel en diep gevurk. Die anale vin is goed ontwikkel en driehoekvormig. Die buikvin is gepaard en goed ontwikkel. Die borsvin is gepaard, die stekels is sterk, skerp en met teenoorgestelde weerhakkies.

Bruin skreeubabers het die vorm van ‘n tipiese bodem bewoner, hul is gebou soos ‘n haai.

Die waterkleur bepaal of die vis olyfbruin of donker grys is, die kleur is ligter aan die onderkant. Die kleintjies het kolle wat verdwyn namate die vis groter word.

Die Bruin skreeubaber word tot 430 mm lank en die Suid-Afrikaanse hengelrekord is 0,29 kg.

Habitat[wysig]

Die vis verkies diep en groot waters, hy gaan nie in klein stroompies of vlak water in nie. Hy vreet enigiets, vis, wurms, insekte, selfs bessies, mieliepitte en groente.

Algemeen[wysig]

Die vis maak ‘n knorgeluid en hy kan maklik met die Spikkel-skreeubaber verwar word. Let dan op sy korter pantserplaat, kort middelpaar baarde, groot vetvin en pertinent die vorm van sy rugvin.

Sien ook[wysig]

Bron[wysig]

Verwysings[wysig]

Eksterne skakel[wysig]