Buffeljagsrivier

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Buffeljagsrivier
Ligging van Buffeljagsrivier op 'n kaart (Wes-Kaap)
Buffeljagsrivier
Buffeljagsrivier
Koördinate: 34°2′0″S 20°31′0″O Koördinate: 34°2′0″S 20°31′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distriksmunisipaliteit Overberg
Plaaslike Munisipaliteit Swellendam
Tydsone SAST (UTC+2)
Die kerkperseel van die NG gemeente Buffeljagsrivier lê aan die N2.

Buffeljagsrivier kan verwys na die gelyknamige dorp, rivier of dam:

Dorpie[wysig]

Buffeljagsrivier is ‘n nedersetting aan die N2 nasionale pad 12 km ten ooste van Swellendam in die rigting van Heidelberg. Op die dorpie is ‘n kerk, skool, spoorwegstasie, garage, winkel en restaurant, ‘n vrugtepakstoor en ‘n gevangenis. Die belangrikste landbougewasse van die Buffeljagsvallei is koring, perskes, druiwe en lusern.

Rivier[wysig]

Die rivier is ‘n oostelike sytak van die Breederivier. Byna die helfte van sy opvanggebied lê aan die noordekant van die Langeberge. Die Tradouwrivier ontspring in die Warmwaterberge, loop verby Barrydale en gaan dan saam met die Tradouwpas op die R324 in die Tradouwskloof deur die Langeberge. Net suid van die poort sluit die Grootvadersbosch- en Rietkuilrivier van oos by die Tradouw aan. Van hieraf staan die rivier bekend as die Buffelsjagsrivier. Effens stroomaf lê eers die dorpie Suurbraak en dan die VOC-veepos Oude Post. Van hier draai die rivier weswaarts ewewydig aan die Langeberge en volg dit die geologiese Worcester-fout. Tien kilometer verby Suurbraak draai die rivier suid om net suid van die Bontebok Nasionale Park by die Breederivier aan te sluit.

Buffeljagsdam[wysig]

Na ‘n reuse vloed in 1939 is in 1942 ‘n besproeiingsraad gestig om die kanale en keerwalle in die rivier gesamentlik en sentraal te beheer. Na die reuse vloed van 1962 het die owerhede die Buffeljagsdam op die plaas Eenzaamheid laat bou. Die opvanggebied van die dam is 23 500ha met ‘n maksimum jaarlikse afloop van 95 000 megaliter. Die dam het ‘n maksimum opgaarvermoë van 4 800 megaliter en het as dit vol is ‘n wateroppervlakte van 124.8ha. Die walhoogte is 24m. ‘n Oppervlakte van 1 431ha kan vanuit die dam besproei word. Watersport word op die dam beoefen.

Sien ook[wysig]

Bibliografie[wysig]

Koördinate: 34°00′17″S 20°39′45″O