Bundesliga

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Logo van die Bundesliga
Die kampioeneskild van die Bundesliga

Die Bundesliga is Duitsland se professionele eersteliga in sokker sedert 1963. Voor die instelling van die Bundesliga deur die DFB (Deutscher Fußball Bund), is die Duitse sokkerkampioen bepaal deur die wenner van uitspeelwedstryde tussen die topspanne van elke streekliga.

FC Beiere München het die liga reeds 22 keer gewen sedert 1963. Klubs uit die voormalige Oos-Duitsland sukkel sedert unifikasie om hulle top-spelers te behou en met die voormalige Wes-Duitse klubs mee te ding, aangesien die voormalige Wes-Duitse klubs oor die algemeen finansieel beter daaraan toe is. In die 2008/09-seisoen speel daar slegs een klub uit die voormalige Oos-Duitsland in die Bundesliga, naamlik FC Energie Cottbus, het gegaan in die 2. Bundesliga 2009/10.

Die Bundesliga is vandag baie suksesvol uit ‘n finansiële oogpunt en die mees suksesvolle sokkerliga wêreldwyd as dit gemeet word aan toeskouers. In die 2005/06-seisoen het die liga ‘n gemiddelde bywoningsyfer van 40 775 toeskouers per wedstryd gehad (die tweede bes bygewoonde sokkerliga was die Engelse Premierliga met ‘n gemiddelde bywoningsyfer van 33 875 per wedstryd). [1]


Struktuur[wysig]

Vir die eerste twee seisoene het die Bundesliga uit 16 spanne bestaan, maar sedert die 1965/66-seisoen is die Bundesliga tot 18 spanne vergroot (die enigste uitsondering was die 1991/92-seisoen, toe die liga tot 20 spanne vergroot is om twee spanne uit die voormalige Oos-Duitsland se DDR-Oberliga tot die Bundesliga toe te laat).

Die onderste drie klubs word jaarliks uit die Bundesliga gerelegeer en met die top drie uit die 2. Bundesliga (tweede liga) vervang (in die beginjare is slegs twee spanne jaarliks gerelegeer). Klubs word aan streng voorwaardes ten opsigte van finansies en stadionveiligheid onderwerp om tot die Bundesliga toegelaat te word en daar te kan bly meeding.

Die Duitse sokkerstruktuur is baie plat in vergelyking met byvoorbeeld Engelse sokker. In Engeland is die eerste vyf ligas vertikaal gerangskik, met die gevolg dat deur net na die eerste 5 ligas te kyk, kan daar al presies gesien word watter klubs staan ‘n kans om oor die volgende vyf jaar moontlik die Premierliga te haal. In Duitsland is daar egter slegs die Bundesliga, 2. Bundesliga en 3. Bundesliga wat vertikaal staan. Die vierde vlak is in drie Regionalligas gedeel op 'n streeksbasis. Hierna volg twaalf Oberligas, gevolg deur 27 verbands- of landesligas. Hoe laer daar in die piramide-struktuur gekyk word, hoe meer parallelle vlakke bestaan daar. Die interessante gevolg is dat redelike onbesonge spanne uit die kleiner stede en dorpe skielik hulle opwagting in die professionele ligas maak en dan weer (soms) net so vinnig verdwyn.

Die spanne wat in die 2010/11-seisoen meeding in die Bundesliga is die volgende:

FC Beiere München

Eintracht Frankfurt

SV Werder Bremen

Hamburger SV

Bayer 04 Leverkusen

SC Freiburg

VfL Borussia Mönchengladbach

1. FC Neurenberg

VfB Stuttgart

FC Schalke 04

BV Borussia Dortmund

VfL Wolfsburg

1. FC Keulen

FSV Mainz 05

TSG 1899 Hoffenheim

Hannover 96

FC St. Pauli

1. FC Kaiserslautern

Seisoenoorsig[wysig]

Seisoen Kampioen Topdoelskieter(s)
2010/11 BV Borussia Dortmund Mario Gomez (FC Beiere München, 28)
2009/10 FC Beiere München Edin Džeko (VfL Wolfsburg, 22)
2008/09 VfL Wolfsburg Grafite (VfL Wolfsburg, 28)
2007/08 FC Beiere München Luca Toni (FC Beiere München, 24)
2006/07 VfB Stuttgart Theofanis Gekas (VfL Bochum, 20)
2005/06 FC Beiere München Miroslav Klose (SV Werder Bremen, 25)
2004/05 FC Beiere München Marek Mintal (1 FC Neurenberg, 24)
2003/04 SV Werder Bremen Goncalves da Silva Ailton (SV Werder Bremen, 28)
2002/03 FC Beiere München Giovane Elber (FC Beiere München, 21), Thomas Christiansen (VfL Bochum, 21)
2001/02 BV Borussia Dortmund Marcio Amoroso (BV Borussia Dortmund, 18), Martin Max (TSV 1860 München, 18)
2000/01 FC Beiere München Sergej Barbarez (Hamburger SV, 22), Ebbe Sand (FC Schalke 04, 22)
1999/00 FC Beiere München Martin Max (TSV 1860 München, 19)
1998/99 FC Beiere München Michael Preetz (Hertha BSC Berlyn, 23)
1997/98 1. FC Kaiserslautern Ulf Kirsten (Bayer 04 Leverkusen, 22)
1996/97 FC Beiere München Ulf Kirsten (Bayer 04 Leverkusen, 22)
1995/96 BV Borussia Dortmund Fredi Bobic (VfB Stuttgart, 17)
1994/95 BV Borussia Dortmund Mario Basler (SV Werder Bremen, 20), Heiko Herrlich (VfL Borussia Mönchengladbach, 20)
1993/94 FC Beiere München Stefan Kuntz (1 FC Kaiserslautern, 18), Anthony Yeboah (Eintracht Frankfurt, 18)
1992/93 SV Werder Bremen Anthony Yeboah (Eintracht Frankfurt, 20), Ulf Kirsten (Bayer 04 Leverkusen, 20)
1991/92 VfB Stuttgart Fritz Walter (VfB Stuttgart, 22)
1990/91 1 FC Kaiserslautern Roland Wohlfarth (FC Beiere München, 21)
1989/90 FC Beiere München Jörn Andersen (Eintracht Frankfurt, 18)
1988/89 FC Beiere München Thomas Allofs (1 FC Keulen, 17), Roland Wohlfarth (FC Beiere München, 17)
1987/88 SV Werder Bremen Jürgen Klinsmann (VfB Stuttgart, 19)
1986/87 FC Beiere München Uwe Rahn (VfL Borussia Mönchengladbach, 24)
1985/86 FC Beiere München Stefan Kuntz (VfL Bochum, 22)
1984/85 FC Beiere München Klaus Allofs (1 FC Keulen, 26)
1983/84 VfB Stuttgart Karl Heinz Rummenigge (FC Beiere München, 26)
1982/83 Hamburger SV Rudi Völler (SV Werder Bremen, 23)
1981/82 Hamburger SV Horst Hrubesch (Hamburger SV, 27)
1980/81 FC Beiere München Karl Heinz Rummenigge (FC Beiere München, 29)
1979/80 FC Beiere München Karl Heinz Rummenigge (FC Beiere München, 26)
1978/79 Hamburger SV Klaus Allofs (Fortuna Düsseldorf, 22)
1977/78 1. FC Keulen Dieter Müller (1 FC Keulen, 24), Gerd Müller (FC Beiere München, 24)
1976/77 VfL Borussia Mönchengladbach Dieter Müller (1 FC Keulen, 34)
1975/76 VfL Borussia Mönchengladbach Klaus Fischer (FC Schalke 04, 29)
1974/75 VfL Borussia Mönchengladbach Jupp Heynckes (VfL Borussia Mönchengladbach, 27)
1973/74 FC Beiere München Gerd Müller (FC Beiere München, 30), Jupp Heynckes (VfL Borussia Mönchengladbach, 30)
1972/73 FC Beiere München Gerd Müller (FC Beiere München, 36)
1971/72 FC Beiere München Gerd Müller (FC Beiere München, 40)
1970/71 VfL Borussia Mönchengladbach Lothar Kobluhn (SC Rooiwit Oberhausen, 24)
1969/70 VfL Borussia Mönchengladbach Gerd Müller (FC Beiere München, 38)
1968/69 FC Beiere München Gerd Müller (FC Beiere München, 30)
1967/68 1 FC Neurenberg Hennes Löhr (1 FC Keulen, 27)
1966/67 Eintracht Braunschweig Lothar Emmerich (BV Borussia Dortmund, 28), Gerd Müller (FC Beiere München, 28)
1965/66 TSV 1860 München Lothar Emmerich (BV Borussia Dortmund, 31)
1964/65 SV Werder Bremen Rudolf Brunnenmeier (TSV 1860 München, 24)
1963/64 1. FC Keulen Uwe Seeler (Hamburger SV, 30)

Aantal seisoene in die Bundesliga (1963-2010)[wysig]

Die volgende spanne het al meegeding in die 46 seisoene van die Bundesliga (met die aantal seisoene langsaan):

Klub Klub
Hamburger SV 47 Kickers Offenbach 7
SV Werder Bremen 46 SV Waldhof Mannheim 7
FC Beiere München 45 FC St. Pauli 7
VfB Stuttgart 45 SC Rooiwit Essen 6
BV Borussia Dortmund 43 FC Energie Cottbus 6
1. FC Kaiserslautern 42 1.FC Saarbrücken 5
VfL Borussia Mönchengladbach 42 Dynamo Dresden 4
FC Schalke 04 42 SG Wattenscheid 09 4
Eintracht Frankfurt 42 Alemannia Aken 4
1. FC Keulen 41 SC Rooiwit Oberhausen 4
VfL Bochum 34 Wuppertaler SV 3
Bayer 04 Leverkusen 31 Borussia Neunkirchen 3
Hertha BSC Berlyn 29 FC 08 Homburg 3
MSV Duisburg 28 FSV Mainz 05 3
1. FC Neurenberg 28 Stuttgarter Kickers 2
Karlsruher SC 24 Tennis Borussia Berlyn 2
Fortuna Düsseldorf 22 SV Darmstadt 98 2
Hannover 96 22 SpVgg Unterhaching 2
TSV 1860 München 20 TSG 1899 Hoffenheim 2
Eintracht Braunschweig 20 SC Fortuna Keulen 1
DSC Arminia Bielefeld 17 SC Preußen Münster 1
KFC Uerdingen 05 (Bayer Uerdingen) 14 SSV Ulm 1846 1
VfL Wolfsburg 13 SV Blouwit Berlyn 1
FC Hansa Rostock 12 Tasmania Berlyn 1
SC Freiburg 11 VfB Leipzig 1

Kyk ook[wysig]

Duitse sokkerkampioen

Verwysings[wysig]

  1. http://en.wikipedia.org/wiki/Sports_attendance

Eksterne skakels[wysig]


Bundesliga 2010/11-seisoen

TSG 1899 Hoffenheim - SC Freiburg - Bayer 04 Leverkusen - FC Beiere München - 1. FC Kaiserslautern - BV Borussia Dortmund - 1. FC Neurenberg - Eintracht Frankfurt - FSV Mainz 05 - Hannover 96 - FC St. Pauli - Hamburger SV - VfL Borussia Mönchengladbach - 1. FC Keulen - FC Schalke 04 - VfB Stuttgart - SV Werder Bremen - VfL Wolfsburg