Burmanbos Natuurreservaat

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Burmanbos Natuurreservaat
'n Wandelpad in Burmanbos
'n Wandelpad in Burmanbos
Provinsie KwaZulu-Natal
Naaste dorp Morningside, Durban
Ligging van Burmanbos Natuurreservaat op 'n kaart (Suid-Afrika)
Burmanbos Natuurreservaat
Burmanbos Natuurreservaat
Koördinate: 29°49′03″S 31°01′01″O Koördinate: 29°49′03″S 31°01′01″O
Oppervlak 50 ha
Webblad www.durban.gov.za/City_Services/ParksRecreation/pnature/Pages//Burman.aspx
'n Weswaartse blik oor Burmanbos Natuurreservaat en aanliggende woonstelgeboue

Burmanbos Natuurreservaat is geleë in Morningside, Durban, sowat 8 km noord van die sentrale besigheidsdistrik. Dit is 'n klein kuswoud wat ongeveer 50 hektaar beslaan,[1] en deel uitmaak van Durban se Opelugstelsel (D'MOSS). Onder die reservaat se uitstaande woudboomsoorte tel die platkroon, boskoorsbessie en rooiboekenhout.[2]

Dit bied drie wandelpaaie aan besoekers, die Pithi (500 m), Hadeda (1 km) en Bosolien (2 km) voetpaaie,[1] wat deur die bos vleg om toegang tot die verskeie flora en fauna te bied. 'n Uitkykplatform aan die noordepunt van die buitenste voetpad bied 'n wye uitsig oor die Umgenirivier, vanaf Connaught-brug tot die Blue lagoon.[2]

Die fauna is oorwegend skugtere spesies. Die reservaat bevat Durban se grootste bevolking blouduikers, benewens duiker, gebande en swartkwasmuishond, ystervarke en troppe blouape.[2] Die voëllewe is meer aktief in die oggendure en word maklikste vanaf die sentrale privaatpad besigtig.[3] Dit sluit in rooibekkakelaars, mikstert- en kleinbyvangers, nataljanfrederik, geelborskleinjantjies en paradysvlieëvangers.[2]

Verwysings[wysig]

  1. 1,0 1,1 Burman Bush Nature Reserve”. Parks & Nature Reserves. eThekwini Municipality. URL besoek op 22 Desember 2012.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Olivier, Willie & Sandra (2003). Hiking Trails of South Africa. Struik. ISBN 1868727874. 
  3. Boon, R. “Burman Bush”. Southern African Birding. URL besoek op 23 Desember 2012.

Eksterne skakel[wysig]