Buyelekhaya Dalindyebo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Buyelekhaya Zwelinbanzi Dalindyebo a Sabata (gebore 1964; r. sedert Mei 1989) is die koning van die abaThembu in Suid-Afrika. Sy lofnaam is Zwelibanzi.[1][2] Hy is die seun van die vorige koning, Sabata Jonguhlanga Dalindyebo, 'n afstammeling van die amaHala-dinastie, en tans die regeerder van die bakaDalindyebo-bloedlyn.

In Mei 2005 is hy aangekla van bedrog, moord, poging tot moord, ontvoering en brandstigting by die Mthatha Hooggeregshof, en is tans besig om teen 'n 15-jaar vonnis te appelleer. Die aanklagte is aanhangig gemaak nadat hy tussen 1995 en 1996 geweld teen sy onderdane in 'n klein dorpie naby Mthatha gebruik het. In Desember 2009 het Buyelekhaya gedreig om van Suid-Afrika af te skei, en twee-derdes van die land se grondgebied met hom te neem. Die afskeidingstender het blykbaar gekom nadat pres. Jacob Zuma geweier het om by die koning se geskille in te gryp.[3] Die afskeiding is later opgeskort, maar hy eis R 900 miljoen van die regering en 'n verdere R 80 miljard vir sy stam vir die vernedering wat die kriminele verhoor veroorsaak het.[4]

Verwysings[wysig]

  1. South African traditional states”. Worldstatesmen.org. Cahoon, Ben. URL besoek op 2010-08-26.
  2. Soszynski, Henry. “abaThembu”. Genealogical Gleanings. University of Queensland. URL besoek op 2010-08-28.
  3. Staff writers. "Row over South Africa Xhosa king's secession bid", British Broadcasting Corporation, 6 January 2010. URL besoek op 2010-08-29.
  4. Tribe suspends secession plans News24