Calitzdorp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Calitzdorp
Ligging van Calitzdorp op 'n kaart (Wes-Kaap)
Calitzdorp
Calitzdorp
 Calitzdorp se ligging in Wes-Kaap
Koördinate: 33°32′15″S 21°41′7″O Koördinate: 33°32′15″S 21°41′7″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie Wes-Kaap
Distrik Eden
Munisipaliteit Kannaland
Stigting 1821[1]
Oppervlak[2]
 - Dorp 26,33 km²  (10,2 vk m)
Hoogte 233 m (764 vt)
Bevolking (2011)[2]
 - Dorp 4 284
 - Digtheid 163/km² (422,2/myl2)
Ras (2011)[2]
 • Swart 4.3%
 • Kleurling 85.5%
 • Indiër/Asiër 0.5%
 • Blank 8.9%
 • Ander 0.8%
Taal (2011)[2]
 • Afrikaans 94.2%
 • Engels 3.3%
 • Ander 2.5%
Poskode (straat) 6660
Poskode (posbus) 6660
Skakelkode(s) 044
Webwerf: Calitzdorp
Die NG kerk op Calitzdorp.

Calitzdorp is 'n dorp in die Wes-Kaap (Suid-Afrika), omtrent halfpad tussen Ladismith en De Hoop. Die bekende R 62 hoofpad gaan deur Calitzdorp.

Geskiedenis[wysig]

Aan die begin van die 19de eeu het die eerste veeboere en jagters in die gebied inbeweeg. Die plaas Buffelsvlei is in 1821 aan die broers JJ en MC Calitz toegeken. Teen die 1840's was daar genoeg mense om 'n dorp te regverdig. In 1845 het een van die Calitz broers 'n gedeelte van sy plaas aan die NG Kerk geskenk. Die eerste kerk is eers in 1857 gebou. Die dorp het in 1913 'n munisipaliteit geword.

Distrik[wysig]

Die distrik is 1 100 km2 groot. Lusern, koring en tabak word onder besproeiing verbou maar die dorp is veral bekend vir die gehalte van sy sagte vrugte, tafeldruiwe en wyn. Die Calitzdorpdam is 3 km noord van die dorp in die Nelsrivier. Calitzdorp is die terminus vir 'n takspoor wat die dorp in 1924 bereik het vanaf Oudtshoorn. Calitzdorp Spa is 17 km noordoos van die dorp.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]

Verwysings[wysig]

  1. [1] - Geskiedenis van Calitzdorp
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Hoofplek Calitzdorp”. Sensus 2011.