Camperdown

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Camperdown
Ligging van Camperdown op 'n kaart (KwaZulu-Natal)
Camperdown
Camperdown
Koördinate: 29°44′0″S 30°32′0″O
Land Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
Provinsie KwaZulu-Natal
Distriksmunisipaliteit uMgungundlovu
Plaaslike Munisipaliteit Mkhambathini
Tydsone SAST (UTC+2)

Camperdown is 'n dorp in KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Die dorp is 50 km wes van Durban en 23 km oos van Pietermaritzburg.

Geskiedenis[wysig]

Die dorp is op die plaas met dieselfde naam gestig in 1865. Hierdie naam gedenk die vlootoorwinning wat admiraal Adam Duncan in 1797 oor die Nederlandse vloot onder bevel van admiraal Jan Willem de Winter behaal het. In die vroeë 1840's het Johan Vanderplank met sy eie skip, die Louisa, in Durban aangekom het. Die skip was vernoem na sy verloofde wat geweier het om Engeland vir 'n getroude lewe in Tasmanië te verlaat. Hy het Swartwattel sade geplant vir 'n windheining maar die plante het so goed geaard dat hulle bome in plaas van struike geword het. Nadat daar ontdek was dat die bas looisuur bevat wat gebruik word in die looinywerheid het die wattelnywerheid gegroei. Daar is ook later vasgestel dat wattelhout ook goed werk vir pulp om papier mee te vervaardig.

Sien ook[wysig]

Bronne[wysig]