Canberrastadion

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Canberrastadion
BruceStadium19032005.JPG
Vorige naam(e) Brucestadion
Nasionale Atletiekstadion
Ligging Canberra, Australië
Koördinate 35°15′0″S 149°6′10″O Koördinate: 35°15′0″S 149°6′10″O
Geopen 1977
Renovasie 1990
Uitgebrei 1985, 1997
Eienaar Australiese Sportkommissie
Oppervlak Gras
Boukoste A$268 miljoen
Argitek Phillip Cox en Vennote
Tuisveld van Canberra Raiders (NRL) (1990-huidig)
Canberra City SC (NSL) (1977-1986)
Canberra Cosmos (NRL) (1995-2001)
Canberra Bushrangers (ABL) (1993-1995)
Brumbies (Rugby) (1996-huidig)
Kapasiteit
25,011[1]

Die Canberrastadion (aanvanklik bekend as die Brucestadion) is 'n stadion in Canberra, Australië wat vir rugby, rugby league en sokker aangewend word en is geleë reg langs die Australiese Instituut van Sport (AIS). Die stadion is in die voorstad van Bruce wat vernoem is na Stanley Bruce, voormalige Australise Eerste Minister (1923-1929).

Geskiedenis[wysig]

Die stadion is aanvanklik gebou met die oog op die Suidsee Spele in 1977. Daarna was dit ook die gasheer vir die 4de IAAF Atletiekwêreldbeker. Tydens die laasgenoemde byeenkoms is die wêreldrekord in die 400m vir vroue deur die Oos-Duitser Marita Koch opgestel asook die 4x100m aflos vir vroue. Hierdie rekords staan steeds.

In die laat 1980's is die atletiekbaan verwyder en geskuif na die opwarmstadion by die AIS. Met die nuwe reghoekige speelveld het die Canberra Raiders Rugby Leaguespan in 1990 hulle tuiswedstryde in Bruce begin speel nadat hulle meer sukses in die liga behaal het. Die verwydering van die atletiekbaan het ook meegebring dat Australiese Voetbal, meer spesifiek die Australiese Voetballiga (AFL) nou in die stadion gespeel kon word en in 1995 is die eerste AFL-wedstryd vir ligapunte tussen die Weskus Arende en Fitzroy gespeel. Daar is ook 'n aantal voorseisoenwedstryde van die AFL gespeel.

Ongeveer in hierdie tyd is ook geëksperimenteer met 'n krieketkolfblad in die middel van die speeloppervlak. Daar is 'n dag/aandwedstryd gespeel tussen twee plaaslike spanne voor 'n klein skare. Gereelde rugbywedstryde het egter nog nie plaasgevind nie.

Sydney FC speel teen Newcastle in 2006

Verdere verbeteringe is aangebring in 1997 met die oog op die Olimpiese Somerspele 2000. Die stadion het van die sokkerwedstryde aangebied wat tydens die Spele gespeel is. Hiermee is die speelveld in so 'n mate verklein dat AFL-wedstryde nie meer daar gespeel kon word nie. Die Olimpiese sokker het dus veroorsaak dat die speelveld van 'n ovaal oppervlak na 'n reghoekige oppervlak verander is. Die skare kon dus nou nader aan die aksie op die veld wees.[2]

Eienaarskap[wysig]

Die stadion word tans besit deur die Australiese regering deur die Australiese Sportkommissie. Dit word uitgehuur aan die regering van die Australiese Hoofstadgebied wat ppogings aanwend om eienaarskap van die stadion oor te neem.

Verwysings[wysig]

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.