Candice Swanepoel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek
Candice Swanepoel

Candice Swanepoel (gebore 20 Oktober 1988) is ’n Suid-Afrikaanse mannekyn wat bekend is vir haar modelwerk vir Victoria’s Secret.

Lewensgeskiedenis[wysig]

Candice Swanepoel is in Mooirivier, KwaZulu-Natal, gebore en is op 15 jarige ouderdom op ’n Durbanse vlooimark as potensiële model raakgesien. [1]Op 16-jarige ouderdom is Candice €5,000 of R40,000 vir ’n dag se werk betaal. Swanepoel het onder andere vir die voorblaaie van Vogue (Griekeland & Italië), ELLE (Duitsland), en Ocean Drive (Verenigde State) [2]en reklame van Nike, Diesel, Guess? en Versus Eyewear geposeer. [2] Swanepoel het ook die loopplank betree vir Tommy Hilfiger, Dolce & Gabbana, Shiatzy Chen, Sass & Bide, Betsey Johnson, Diane von Fürstenberg en vele ander ontwerpers,[2]sowel as vir Victoria's Secret in 2007, 2008, 2009 en 2010. Behalwe haar modelwerk by onderkleremaatskappye se kommersiële advertensies, het sy ook gepryk in die 2010 -"SWIM" modelkatalogus, [3]saam met Lindsay Ellingson, Rosie Huntington-Whiteley, en Erin Heatherton. In 2010 het Swanepoel ’n Victoria's Secret Angel geword. Swanepoel het ook Kardashian se 2010-reeks swemdrag gemodelleer. Op 12 August 2010 het Swanepoel amptelik die eerste Victoria's Secret-winkel in West Edmonton Mall, Edmonton, Kanada, oopgemaak. [4]Candice Swanepoel is as Nommer 61 in die FHM-tydskrif se “100 Sexiest Women in the World” aangewys[5]en het ook op die voorblaaie van Vogue Italia gepryk. [2]

Swanepoel het ook op No. 10 in Forbes se “The World's Top-Earning Models”-lys geëindig; sy het tussen 2010 en 2011 ’n gerame $3 miljoen verdien. [6]

Buitekant die kollig[wysig]

Swanepoel praat vlot Afrikaans en Portugees[7][8]en gaan met die model Hermann Nicoli uit sedert sy 17 jaar oud was. [9]

Verwysings[wysig]

  1. "Mooiriver magic", Carte Blanche, 2005-05-29. URL besoek op 2008-01-06.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 FMD Profile of Candice Swanepoel”. Fashionmodeldirectory.com. URL besoek op 2011-07-03.
  3. Go Behind the Scenes of the Victoria's Secret Swim Catalog! ETonline.com.
  4. Supermodel to open Edmonton Victoria’s Secret edmontonjournal.com
  5. Candice Swanepoel at FHM.com, 2011-02-04.
  6. and Steven Bertoni, Keren Blankfeld (5 Mei 2011). “The World's Top-Earning Models”. forbes. URL besoek op 11 Mei 2011.
  7. 'Pretendo morar no Brasil', conta a angel Candice Swanepoel.Confira! (in Portuguese)”. 180graus: 29 Januarie 2011. URL besoek op 20 Augustus 2011.
  8. now to post a comment!. “‪Candice Swanepoel para WLM‬‏”. YouTube. URL besoek op 2011-07-03.
  9. GQ South Africa”. Img208.imagevenue.com. URL besoek op 2011-07-03.

Eksterne skakels[wysig]